Koop strategies en beskerm jou toekoms

Koop strategies en beskerm jou toekoms

Gansbaai Courant

Die residensiële eiendomsmark is die een plek waar die gesegde "waag 'n kans en plaas alles in die spel" beslis nie behoort te geld nie.

Inderwaarheid, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, behoort huiskopers net die teenoorgestelde strategie te volg en 'n huis wat aan hul huidige behoeftes voldoen teen die beste moontlike prys in die beste moontlike buurt te koop. 

"Kopers behoort nooit hul rieme te dun te sny om 'n huis te koop nie en dit geld veral op die oomblik in die lig van aansienlike stygings wat in die pryse van brandstof, kos en dienste verwag word, om nie eers te praat van die wesentlike moontlikheid van verdere stygings in die rentekoers later vanjaar nie," sê hy. 

"Kopers behoort hulself beweegruimte te gee om vir moontlike prysstygings voorsiening te maak anders kan hulle die gevaar loop dat hulle in die toekoms nie al hul finansiële verpligtinge kan nakom nie en moontlik selfs die eiendom waarvoor hulle so hard gewerk het, kan verloor. 

"Ons stel dus voor dat kopers nou eiendom moet teiken wat minstens 25% minder kos as die maksimum verband waarvoor hulle kan kwalifiseer - wat dit ook makliker gaan maak om 'n huislening te kry." 

Everitt voeg egter by dat dit terselfdertyd nie 'n slim plan is dat kopers die koop van 'n eerste eiendom uitstel totdat hulle 'n prag woning kan bekostig nie. "Die mark het reeds gedraai en volg reeds 'n opwaartse kurwe. Dit beteken dat huise al hoe duurder gaan word en dat dit in die toekoms al hoe moeiliker gaan word om vir finansiering te kwalifiseer, veral indien die verwagte styging in rentekoerse materialiseer. 

"Eerste kopers behoort dus so gou moontlik die eiendomsmark te betree en 'n huis in die beste buurt wat hulle kan bekostig te koop, selfs al beteken dit dat hulle 'n eiendom veel meer beskeie as wat hulle aanvanklik beplan het, moet aanskaf. Dis byvoorbeeld 'n beter plan om sonder verwyl 'n woonstel in 'n gesogte buurt te koop as om eers te wag totdat jy 'n groter eiendom in dieselfde area kan bekostig - of nog erger, om nou al jou geld aan 'n groter eiendom in 'n minder gewilde buurt te bestee." 

Die voordele van kleiner eiendom, sê hy, sluit in laer instandhoudings- en lopende koste, wat eienaars selfs 'n bietjie meer ruimte gee om stygende inflasie die hoof te bied, terwyl laer maandelikse verbandbetalings eienaars die keuse gee om meer as die minimum wat vereis word, te betaal. 

"Almal weet dat as jy elke maand selfs net 'n klein bykomende bedrag in jou huislening inbetaal jy die termyn van die lening met jare kan verkort, wat 'n beduidende bedrag aan rentebetalings bespaar. En natuurlik sal dit jou help om 'n veel groter wins te maak indien jy later jou klein eiendom wil verkoop om 'n groter huis te koop."

Koop strategies en beskerm jou toekoms

Chas Everitt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles