Koop strategies en beskerm jou toekoms

Koop strategies en beskerm jou toekoms

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die residensiële eiendomsmark is die een plek waar die gesegde "waag 'n kans en plaas alles in die spel" beslis nie behoort te geld nie.

Inderwaarheid, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, behoort huiskopers net die teenoorgestelde strategie te volg en 'n huis wat aan hul huidige behoeftes voldoen teen die beste moontlike prys in die beste moontlike buurt te koop. 

"Kopers behoort nooit hul rieme te dun te sny om 'n huis te koop nie en dit geld veral op die oomblik in die lig van aansienlike stygings wat in die pryse van brandstof, kos en dienste verwag word, om nie eers te praat van die wesentlike moontlikheid van verdere stygings in die rentekoers later vanjaar nie," sê hy. 

"Kopers behoort hulself beweegruimte te gee om vir moontlike prysstygings voorsiening te maak anders kan hulle die gevaar loop dat hulle in die toekoms nie al hul finansiële verpligtinge kan nakom nie en moontlik selfs die eiendom waarvoor hulle so hard gewerk het, kan verloor. 

"Ons stel dus voor dat kopers nou eiendom moet teiken wat minstens 25% minder kos as die maksimum verband waarvoor hulle kan kwalifiseer - wat dit ook makliker gaan maak om 'n huislening te kry." 

Everitt voeg egter by dat dit terselfdertyd nie 'n slim plan is dat kopers die koop van 'n eerste eiendom uitstel totdat hulle 'n prag woning kan bekostig nie. "Die mark het reeds gedraai en volg reeds 'n opwaartse kurwe. Dit beteken dat huise al hoe duurder gaan word en dat dit in die toekoms al hoe moeiliker gaan word om vir finansiering te kwalifiseer, veral indien die verwagte styging in rentekoerse materialiseer. 

"Eerste kopers behoort dus so gou moontlik die eiendomsmark te betree en 'n huis in die beste buurt wat hulle kan bekostig te koop, selfs al beteken dit dat hulle 'n eiendom veel meer beskeie as wat hulle aanvanklik beplan het, moet aanskaf. Dis byvoorbeeld 'n beter plan om sonder verwyl 'n woonstel in 'n gesogte buurt te koop as om eers te wag totdat jy 'n groter eiendom in dieselfde area kan bekostig - of nog erger, om nou al jou geld aan 'n groter eiendom in 'n minder gewilde buurt te bestee." 

Die voordele van kleiner eiendom, sê hy, sluit in laer instandhoudings- en lopende koste, wat eienaars selfs 'n bietjie meer ruimte gee om stygende inflasie die hoof te bied, terwyl laer maandelikse verbandbetalings eienaars die keuse gee om meer as die minimum wat vereis word, te betaal. 

"Almal weet dat as jy elke maand selfs net 'n klein bykomende bedrag in jou huislening inbetaal jy die termyn van die lening met jare kan verkort, wat 'n beduidende bedrag aan rentebetalings bespaar. En natuurlik sal dit jou help om 'n veel groter wins te maak indien jy later jou klein eiendom wil verkoop om 'n groter huis te koop."

Koop strategies en beskerm jou toekoms

Chas Everitt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles