Ons wag nog

Ons wag nog

Gansbaai Courant

Daar het die naweek weer ‘n paar geelbekkies, mooi silwervisse en ‘n paar romanne uitgekom terwyl van daardie groot makriele wat so skelm ronddwaal hulle alie gesien het. Wat van ‘n verwysing na hoe van die verskillende visse aan die lyn voel?  Wat is nou lekkerder as om te onthou hoe “daai” vis jou die slag gevat het? Hoeveel maal al is die ou grote vasgeslaan net maar om op die ou end te besluit, nee wat, hy is nog nie reg om oor te gee nie. En dan is dit ‘n eindelose besluitnemery wat dit nou regtig was  --  gewoonlik òf ‘n haai òf wat ookal in die prentjie pas. Die probleem is dat jy nooit seker kan wees nie! Ek het ‘n eenvoudige oplossing hiervoor. Laat die vis tog net gesig wys, dan kan hy maar in vrede gaan. Liewer ‘n geraas oor ‘n herkende vis wat weggekom het as die ewige geraai oor wat dit regtig was.

Die een vis waaroor meeste mense wel saamstem is die kabeljou. Daar word aangeneem dat wanneer hy ‘n rukkie aan die lyn was moegheid intree en baie maal verskyn hierdie vis blinkpens bo die oppervlak. Tot die moegwordstadium kan ‘n ou grote vir baie aksie sorg en jy moet jou dinge ken om hom suksesvol die boot in te kry. Hy vat sterk, loop beduiweld en jy moet klou  --  maklik om hom vir ‘n haai aan te sien. Geelbek se kind is iets anders. Daardie skielike skerp byt, die feit dat van die ander ouens op die boot ook skielik vas is, en die loopslag, die kanse is goed dat dit geelbek se kind is. Terloops, hierdie vis moet nie mee gespeel word nie, bring hom!!

Geelstert? Dadelik dink jy aan daardie lóóp. Selfs die bytslag is iets anders. Maar jy kan omtrent nie fout maak wanneer hy die hasepad kies nie. En die ou grotes veroorsaak ook dat jou gebeentes van opgewondenheid nie wil stilstaan nie.

Ek dink dis net by die gróót haaie dat daar met redelike sekerheid bepaal kan word wat daar voor by die hoek aangaan. Jy kan maar raai, en slimwees en jou maat se opinie vra. Jy kan loer en wens en bontstaan, maar voor jy nie self gesien het wat so woes spook nie, gaan jy nie vir seker kan besluit wat dit was nie. So hoop maar jy kry hom uit.

Groete, Geelstert

Opsomming JULIE 2000-2013

2000. Geen rekord. (Julie)

2001. Silwervis, baie geelbek na  aan end van maand, hotties, roman, PW’s

2002. Haaie, silwervis, roman, hotties, PW, haai, baie geelbekkies, 1 geelstert, (7 kg.).

2003. Baie kabeljou. Roman, hotties, makriel, haai, geelbekke, snoek

2004. Haai, geelbek, roman, snoek, oulywe, baie hotties, silwervis.

2005. Roman, haai, baie snoek. Hotties.

2006. Baie snoek.

2007. Elwe, 2 kabeljoue, (25.5 kg. en 13.5 kg.), roman, PW, rooisteenbras, hotties, elf.

2008. Silwervis, hotties, PW’s, roman.

2009. Mooi hotties, pangas, roman, haai,. 1 Janbruin!.

2010. Makriel, silwervis. (*ander bote vang bonitas), snoek, baie makriel. Vang self paar bonitas en skipjacks.

2011. Roman, baie makriel, silwervis, PW’s, oulywe. Hotties.

2012. Roman, baie makriel. Silwervis, PW’s, oulywe, hotties.

2013. Silwervis, mooi hotties. Makriel, roman, snoek, geelbek.

Ons wag nog

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles