Ons wag nog

Ons wag nog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar het die naweek weer ‘n paar geelbekkies, mooi silwervisse en ‘n paar romanne uitgekom terwyl van daardie groot makriele wat so skelm ronddwaal hulle alie gesien het. Wat van ‘n verwysing na hoe van die verskillende visse aan die lyn voel?  Wat is nou lekkerder as om te onthou hoe “daai” vis jou die slag gevat het? Hoeveel maal al is die ou grote vasgeslaan net maar om op die ou end te besluit, nee wat, hy is nog nie reg om oor te gee nie. En dan is dit ‘n eindelose besluitnemery wat dit nou regtig was  --  gewoonlik òf ‘n haai òf wat ookal in die prentjie pas. Die probleem is dat jy nooit seker kan wees nie! Ek het ‘n eenvoudige oplossing hiervoor. Laat die vis tog net gesig wys, dan kan hy maar in vrede gaan. Liewer ‘n geraas oor ‘n herkende vis wat weggekom het as die ewige geraai oor wat dit regtig was.

Die een vis waaroor meeste mense wel saamstem is die kabeljou. Daar word aangeneem dat wanneer hy ‘n rukkie aan die lyn was moegheid intree en baie maal verskyn hierdie vis blinkpens bo die oppervlak. Tot die moegwordstadium kan ‘n ou grote vir baie aksie sorg en jy moet jou dinge ken om hom suksesvol die boot in te kry. Hy vat sterk, loop beduiweld en jy moet klou  --  maklik om hom vir ‘n haai aan te sien. Geelbek se kind is iets anders. Daardie skielike skerp byt, die feit dat van die ander ouens op die boot ook skielik vas is, en die loopslag, die kanse is goed dat dit geelbek se kind is. Terloops, hierdie vis moet nie mee gespeel word nie, bring hom!!

Geelstert? Dadelik dink jy aan daardie lóóp. Selfs die bytslag is iets anders. Maar jy kan omtrent nie fout maak wanneer hy die hasepad kies nie. En die ou grotes veroorsaak ook dat jou gebeentes van opgewondenheid nie wil stilstaan nie.

Ek dink dis net by die gróót haaie dat daar met redelike sekerheid bepaal kan word wat daar voor by die hoek aangaan. Jy kan maar raai, en slimwees en jou maat se opinie vra. Jy kan loer en wens en bontstaan, maar voor jy nie self gesien het wat so woes spook nie, gaan jy nie vir seker kan besluit wat dit was nie. So hoop maar jy kry hom uit.

Groete, Geelstert

Opsomming JULIE 2000-2013

2000. Geen rekord. (Julie)

2001. Silwervis, baie geelbek na  aan end van maand, hotties, roman, PW’s

2002. Haaie, silwervis, roman, hotties, PW, haai, baie geelbekkies, 1 geelstert, (7 kg.).

2003. Baie kabeljou. Roman, hotties, makriel, haai, geelbekke, snoek

2004. Haai, geelbek, roman, snoek, oulywe, baie hotties, silwervis.

2005. Roman, haai, baie snoek. Hotties.

2006. Baie snoek.

2007. Elwe, 2 kabeljoue, (25.5 kg. en 13.5 kg.), roman, PW, rooisteenbras, hotties, elf.

2008. Silwervis, hotties, PW’s, roman.

2009. Mooi hotties, pangas, roman, haai,. 1 Janbruin!.

2010. Makriel, silwervis. (*ander bote vang bonitas), snoek, baie makriel. Vang self paar bonitas en skipjacks.

2011. Roman, baie makriel, silwervis, PW’s, oulywe. Hotties.

2012. Roman, baie makriel. Silwervis, PW’s, oulywe, hotties.

2013. Silwervis, mooi hotties. Makriel, roman, snoek, geelbek.

Ons wag nog

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles