Black Leaves vat raak teen Hamlets Wen 21 - 20

Black Leaves vat raak teen Hamlets Wen 21 - 20

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit het die Gansbaaiers weer eens bloedsweet gekos om die span van Ceres die loef af te steek, maar 'n wen is weer eens 'n wen. Eers het Black Leaves se derde span hul verloorstryd van voor verlede week teen Worcester reggestel om met 3-0 as oorwinnaars van die veld te stap om die "bar man" te gaan besig hou. Wat daarna gebeur het met Gansbaai se tweede span moet ons maar almal ingryp om daardie sinkende "Titanic te safe." Daar bly nog een wedstryd oor in die eerste helfte teen Montagu wat 7 Julie weg plaasvind. Weet hierdie span dalk iets soos van die bordjies verhang?

Met die telling wat nog op 'n oomblik op 'n mespunt gebalanseer was, het Ceres die Gansbaaiers se botter laat vries en Black Leaves se tweedes met 31-10 kaf gedraf. (Die koue bokkevelders darem nê). Maar, "watch die boys" vorentoe.

Die oomblik van afwagting, spanning en waarheid breek toe om 16:00 aan toe die grotes van die dag mekaar in die gaatjie pak. Sommer vroeg al met die afskop wys die Ceres manne die Baai waar om te staan (twee maal binne 10 minute agter hul eie doellyn 14-0). Kyk hier, daarna het dit dik gegaan voordat Gavin Wildschut (die ware yster) Ceres se doellyn oorgebars het vir 'n drie (Divvie verdoel 14-7 Ceres se guns). Ceres behaal daarna nog twee stafdoele (20-7) voordat die manne gaan water drink. Met die aanbreek van die tweede helfte was daar 'n paar strategiese veranderinge aangebring wat net die regte ding was. Peter John Aploon (haker) en Melvin Tobias teken die broodnodige 2 drieë aan, verdoel deur Steward Jacobs wat dan toe ook Hamlets se doppie klink (sjoe, watter lang pad terug Ceres toe). Maans, Gavin, Eli, Peter John en Bale (ervaring) teenoor Brenton-Lee Dickson, Devan Slabbert, Adriaan Appel, Anwill Hickley, Clayton Niemand en Steward Jacobs (jeug) kan in die toekoms 'n komnbinasie ontwikkel. Daardie Divvie is gevaarlik, bestuur hom reg. Denver August O/19 afrigter van Boland spog met produkte soos Daan Otto en Justin Blood in sy span (gaan nog meer van hulle hoor). Pieter Jantjies O/21 hulpafrigter van Boland loop breë bors en kry nie sy arms toe van die trotsheid oor sy troepe: Brenton, Devan, Delano en Steward, wat die komende Saterdag verteenwoordigend gaan optree in die Bolandstreek Kompetisie. Hierdie latte is almal produkte van die Overbergstreek. Hiervandaan Springbokspan toe asseblief net om die oorheersende All Blacks se tjank te gaan aftrap, manne.                                                                                                                                       

So Sê Bra "G"

Foto 1: Franco Fredericks, skrumskakel, maak skoon agter die losskrum.

Foto 2: Eli Hans (agsteman) wen 'n lynstaanbal vir Black Leaves.

Black Leaves vat raak teen Hamlets Wen 21 - 20

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles