Sakekamer van die Jaar

Sakekamer van die Jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Sakekamer is verlede week by die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) Wes-Kaap Kongres 2014 aangewys as die sakekamer van die jaar.

Die kongres wat op 25 & 26 Junie by die Alee Bleue Wynlandgoed in Simondium gehou is, is bygewoon deur groot getalle sakemense.

Gansbaai is verteenwoordig deur die Voorsitter, Fanie Bothma en bestuurslid, Neels Claassen.

Die AHI se voorsitter Piet Badenhorst het die gala-aand geopen en die gasspreker was Minister Alan Winde: Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme. Hy het duidelik sy prioriteite uitgespel. Dit het ten doel dat die regering die klimaat moet skep vir besighede om te floreer. As besighede gemaklik kan sake doen,dan groei die ekonomie en word meer mense in diens geneem. Daarna het Christo van der Rheede: Hoof Uitvoerende Beampte van die AHI ook ‘n boodskap gebring oor die knelpunte in die ekonomie en die sake waarop die AHI fokus. Hy het sterk beklemtoon dat plaaslike ekonomiese ontwikkeling die prioriteit by alle munisipaliteite behoort te wees.

Verskeie Sakekamers is daarna aan die gaste voorgehou met ‘n beskrywing van wat hulle bereik het. Elkeen wat genoem is se besonderse prestasies is voorgehou. Daarna is nog ‘n Sakekamer se aktiwiteite aan die gehoor voorgehou – sonder om hulle naam te noem. Heelwat gewag is gemaak van wat alles bereik is deur hierdie plattelandse Sakekamer. Deur volgehoue harde werk en baie deursettingsvermoë is baie projekte die afgelope jaar afgehandel. Die positiwiteit wat daar heers is aansteeklik en hulle word aangemoedig om daarop voort te bou. ‘n Spesiale toekenning is gemaak aan die Sakekamer van die Jaar, wat volgens die Voorsitter, Piet Badenhorst, die beste presteer het.

Gansbaai Sakekamer is na die podium opgeroep en Piet Badenhorst  (voorsitter) & Leonie van der Merwe (kantoorhoof) het ‘n skild oorhandig aan Fanie Bothma (Voorsitter: Gansbaai Sakekamer) met die aankondiging dat Gansbaai Sakekamer aangewys is as Sakekamer van die Jaar. Hierdie toekenning was onverwags en ‘n groot verrassing. Gansbaai Sakekamer het met trots die mooi trofee in ontvangs geneem terwyl die konferensiegangers hulle staande toegejuig het. Sover bekend is dit die eerste keer dat hierdie eer vir Gansbaai te beurt geval het," het Bothma gesê.

Francois de Jongh

Foto: Voor (vlnr): Christo van der Rheede: Hoofuitvoerende Beampte; Sheraz Raban: Onder-Voorsitter, AHI, Wes-Kaap; Fanie Bothma: Voorsitter, Gansbaai Sakekamer; Neels Claassen: Bestuurslid, Gansbaai Sakekamer en Piet Badenhorst: Voorsitter, AHI Wes-Kaap. Agter (vlnr): Orton King: Bestuurslid, AHI Wes-Kaap; en Minister Alan Winde: Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme.

Sakekamer van die Jaar

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles