Baie geluk aan Gansbaai Sakekamer met jul aanwysing as Sakekamer van die Jaar tydens die onlangse kongres van die AHI.
Sover ek weet is dit die eerste keer dat die eer Gansbaai te beurt val en ons vertrou dat dit ook nie die laaste sal wees nie.
Sulke toekennings kom egter nie verniet of onverdiend nie en die gemeenskap kan voorwaar trots wees op die erkenning vir harde werk wat onder die voorsitterskap van Fanie Bothma se bekwame leiding in belang van ons dorp gedoen is. Doen so voort.
Foto: Francois Myburgh Area Bestuurder, Gansbaai Administrasie, Overstrand Munisipaliteit