Fotografieklub Kompetisies

Fotografieklub Kompetisies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met die pasafgelope interne fotografiekompetisie van Gansbaai Fotografieklub agter die rug, is die kompetisie vir Novembermaand reeds in die vooruitsig gestel.

Die tema van die vorige kompetisie was “weerkaatsings” (“reflections”) en Linda Kloppers het as algehele wenner uit die stryd getree. Chris en Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods het ‘n pragtige Wisseltrofee vir die klub se interne kompetisies geskenk en geborg, met Gideon Jansen van Vuuren, Bestuurder: Gansbaai OK Foods wat dit aan Linda oorhandig het.

Die sluitingsdatum vir November se Interne Kompetisie is 14 November 2014. Die aanwys van die wenners, asook die prysoorhandigings sal tydens die klub se Jaareindfunksie op 5 Desember 2014 plaasvind. Twee of drie beoordelaars sal vir die beoordeling van die foto’s verantwoordelik wees en die tema is “Aksies” (“Actions”).

Intussen het die Bestuur van die klub reeds die opwindende program vir die tweede helfte van 2014 opgestel. Daar kan na ‘n verskeidenheid van interessanthede, asook projekte en uitstappies, uitgesien word. ‘n Deel van die fotografie-spyskaart is onder andere interessante temas vir fotosessies, sprekers, skattejag, ‘n moontlike besoek aan Kirstenbosch Botaniese Tuine, ‘n uitstappie na Baardskeerdersbos, ‘n besoek aan ‘n plaaslike Wynkelder, ‘n gemeenskapsprojek en veel meer.

In die vorige uitgawe van Gansbaai Courant is reeds na Hugh-Daniel Grobler, ‘n klublid, se uitmuntende prestasie verwys. In ‘n onderhoud met Buite van Die Burger (24 Junie 2014), het hy onder andere gesê: “Ek glo jy kan altyd iets leer - in my geval is dit: Hoe meer ek leer, hoe meer geniet ek my fotografie.” Hy het met 2 van sy foto’s onder die Top 10 geëindig. Marc du Plessis, Kompetisie-offisier van die klub, kan by 083-628-9335 vir navrae en kompetisiereëls gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by marc@gbpc.co.za.   

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Foto: Vlnr is Gideon Jansen van Vuuren, Linda Kloppers (wenner), Christo Wessels (voorsitter) en Chris van Rensburg tydens die oorhandiging van die Gansbaai OK Foods Wissel Trofee aan Linda.

Fotografieklub Kompetisies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles