Liedjieboer gaan Kongo toe

5 en 9 Julie word daar geskiedenis gemaak  wanneer Anton Goosen van Gansbaai en die Afrikaanse rockgroep Beeskraal, twee optredes in Afrikaans doen in Lubumbashi in die Katanga provinsie van die Demokratiese Kongo. Dit is die eerste Afrikaanse optredes in die land. Daar word beraam dat daar tot 20 000 Suid-Afrikaners in die provinsie tans werksaam is. Daar vind ook ’n aandete dinee plaas met die S.A. Konsul, mnr Mminele. Verlede jaar het Anton Suid-Afrika verteenwoordig in Bilbao Spanje tydens die sensuur konferensie.

Gansbaai Liedjieboer gaan Kongo toe Anton Goosen_1