Hulp vir huiseienaars in geldelike verknorsing

Hulp vir huiseienaars in geldelike verknorsing

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die krimpende ekonomie, gekoppel aan deurlopende stygings in lewenskoste soos die landswye styging in die prys van elektrisiteit wat vandag in werking tree (subs: 1 Julie 2014), roep weer die situasie in 2009 voor die gees toe honderde huiseienaars skielik beslaglegging of verlies van hul eiendom in die gesig gestaar het. 

Dit is die mening van Jan Davel, besturende direkteur van die RealNet-eiendomsgroep, wat daarop wys dat talle verbruikers weer in moeilike geldelike omstandighede gedompel is weens die onlangse verhoging in rentekoerse en ander prysstygings en dat enige verlies aan inkomste weens die huidige insinking in die ekonomie hulle finansieel maklik oor die afgrond kan stoot. 

"Ons dink die risiko blyk duidelik uit navorsing deur Eerste Nasionale Bank wat toon dat 15% van verkopers in die eerste kwartaal van vanjaar hul eiendom verkoop het om finansiële druk te verlig, in vergelyking met 14% in die voorafgaande kwartaal. Dit was die eerste styging in dié syfer in 'n baie lang tyd. 

Boonop sê prof Bernadine de Clercq van Unisa se Marknavorsingsburo dat verbruikers nou wesenlik op die randjie van die afgrond staan in terme van druk op inkomste en dat hul vermoë om skuld te delg ook onder groot druk is. Sy het by die bekendstelling van die jongste MBD-indeks oor verbruikers se finansiële kwesbaarheid gesê dat enige verdere druk, soos verdere rentekoersverhogings, ongetwyfeld ernstige probleme vir veral mense met 'n beperkte inkomste gaan meebring. 

Sake kan veral moeilik raak, sê Davel, vir huiseienaars wat nie meer hul huislenings elke maand kan bekostig nie aangesien wanbetaling kan meebring dat hulle nie net die eiendom verloor nie, maar ook hul kredietrekords vir 'n lang tydperk skade kan berokken - tensy hulle vinnig optree en een van die hulpprogramme vir die verkoop van eiendom onder druk wat steeds deur banke gebied word, benut. 

"In ons ervaring nader die meeste huiseienaars in 'n geldelike verknorsing egter nie hul bank nie voordat dit veels te laat is en dit is die rede dat ons die RealRescue-diens nou weer vinnig ingestel het. Die diens gee hulle die geleentheid om hul posisie met 'n RealNet-agent te bespreek sodat die agent hulle in enige onderhandelings met die betrokke bank kan verteenwoordig, asook om te help dat hulle as verkopers onder druk in die betrokke bank se hulpprogram aangeteken word." 

"Die voordele van so 'n program is veelvoudig," sê hy, "maar die belangrikste is dat die eiendom in die ope mark verkoop word pleks daarvan dat dit in beslag geneem en by 'n veiling verkoop word." "Ons het inderdaad gesien dat sulke programme duisende huiseienaars gehelp het om die trauma van beslaglegging vry te spring en ons doel met RealRescue is om sulke programme meer toeganklik te maak. 

"RealNet is by al vier groot SA banke se panele vir hulpverkope geakkrediteer en hoewel die finale besluit of huiseienaars kwalifiseer altyd by die bank berus, kan huiseienaars wat ons ondersteuning verlang ons deur die RealRescue-knoppie op ons webtuiste (www.realnet.co.za) nader of 'n e-pos aan ons stuur by rescue@realnet.co.za of 'n faks aan 012 460 1644 stuur."

Hulp vir huiseienaars in geldelike verknorsing

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles