Meer en meer soos Jesus 4

Meer en meer soos Jesus 4

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom ....sal die skape van die bokke geskei word..... Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves;Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van GOD gedoen het, Hom vra: ‘HERE, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’(Mat 25:31-40)

Hoef ek meer te sê as wat hierdie gedeelte self sê? Daar is eenkeer beweer dat daar twee vrae aan ons gestel gaan word as ons voor Jesus moet staan. Die voorlaaste vraag gaan wees: “Glo jy My as jou enigste HERE?” Die laaste vraag gaan wees: “Hoe het jy my aardse familielede behandel?”As jy nou na jou lewe kyk en jou interaksie met die mense wat jou pad kruis – behandel jy hulle asof hulle Jesus self is?

Jy hoef nie die hele wêreld te verander of aan alle mense in ons dorp goed te doen nie. Jy hoef nie alles vir almal te wees nie. Wees asseblief net daar vir een ander mens. Gaan staan net vir ’n oomblik stil by iemand wat nie die beste van beste dae beleef nie. Bid nou net daar vir een persoon wat in jou gedagtes opkom en dra hom of haar by die naam aan die HERE op.

Wees jy die stukkie genade wat iemand wat moedeloos is, vandag nodig het.

Weet jy nie vir wie jy vandag Jesus kan wees nie? Vra die Heilige Gees om jou oë oop te maak vir iemand wat jou nodig het. Raak sensitief vir mense wat jou pad kruis omdat die Heilige Gees hulle naby jou gebring het. Ja, eers as jy self in ’n intieme verhouding met Jesus leef gaan jy naby ander mense kom. Gee jouself as ’n lewendige offer aan Jesus en jy sal sien hoe Hy jou gebruik om ’n verskil in ander se lewe te maak!

Meer en meer soos Jesus 4

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles