Probleme

Probleme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos op die meegaande foto gesien kan word is daar tóg vis gevang. Hoewel nie te veel gespog kan word nie is daar mos niks verkeerd met ‘n geelbek of wat nie. Selfs ‘n klompie mooies is gevang terwyl so paar van 2, 3 kilogram ook gesig gewys het. Silwervis in die diep is ‘n goeie opsie en dan word die geelbekkies tussen hulle gevind. Die enkele mooi oulywe maak dit nogal die moeite werd en ‘n makriel of wat sorg vir opwinding. Groot romanne loop onder rond met Pw’s en mooi hotties wat ook in die diep gevind word. Die groot nuus is dat ‘n paar mooi snoeke in die nette beland het en dit gee mos hoop, alhoewel hulle nog nie werklik aan die byt gegaan het nie  --  wel nog nie met hierdie skrywe nie.

Vir skippers wat hulle bote moet laat inspekteer (survey), wag daar probleme. Mnr. Koos de Kock wat dit die laaste klompie jare gedoen het gaan nie meer voort daarmee nie.  Koos verduidelik dat hy noodgedwonge daartoe besluit het en geen ander keuse het as om sy aktiwiteite af te skaal nie. Wat hy nog wel gaan doen is om bootklublede te akkomomodeer. Dit sal egter net skippers wees wat ook aan die WP-hengelvereniging geaffilieer is. Hierdie manne kan dus gerus wees. Hy beplan om einde Maart volgende jaar behoorlik die leisels neer te lê en dan behoorlik af te tree. Enigeen wat intussen raad soek met die bootondersoek kan hom kontak en hy sal ‘n telefoonnr. verskaf van iemand wat dit kan doen. Dit lyk asof Hermanus op die oomblik ‘n heenkome kan bied. Hy voorsien egter dat teen die end van hierdie jaar (so teen Desember) iemand hier nader aan ons beskikbaar sal wees.

Die kommersiële manne sal soos voorheen met Samsa kan skakel om hulle bote te laat doen. Hieraan sê Koos kan hy ongelukkig niks maak nie.

Groete, Seemeeu 

Foto: George Rowan, Albert Potgieter, die twee Neethling-broers, Ruan links, en Deon  (eersgenoemde se eerste keer op ’n boot) met ‘n welkome paar visse. 

Probleme

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles