Kleinbaai Inter-Provinsiale Boothengelkompetisie

Kleinbaai Inter-Provinsiale Boothengelkompetisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Overberg Boothengelklub het on-langs die Kleinbaai Inter-provin-siale Bodemvis Hengelkompetisie met groot sukses aangebied,” vertel Riaan van Staden van die klub.

Hy sê ‘n totaal van 6 spanne het vanjaar ingeskryf: Barbarians, Grens, OP Rooi, OP Swart, WP Senior, asook WP Junior. “Die deelnemers is deur die klub se voorsitter, DP Burger (TO), Stephen Ashlin (voorsitter) en Lee Wiid (WP voorsitter) verwelkom. Smaaklike etes is voorgesit en daar is tussendeur heerlik saamgekuier. Riaan sê die see was maar rof met die eerste dag. Die puntestand was soos volg: WP Senior (110.28 punte), OP Rooi (77.88 punte), Grens (71.48 punte), OP Swart (27.80 punte), WP Junior (16.87 punte) en Barbarians (11.28 punte). Die swaaste visspesies was: Rooi Roman (2.3kg - Jaundré Geldenhuys), Rooistomp (2.9kg - Eugene van Tonder), Silvervis (1.8kg - Juandré Geldenhuys) en Gurnett (1.3kg - Phillip van der Walt). Die Top Hengelaar van die dag was Eugene van Tonder (16.65kg) en die Top Skipper was DP Burger op King Fisher. Dag 2 het eweneens mooi vangstes opgelewer, met die puntestand soos volg: OP Swart (526.59 punte), WP Junior (443.7 punte), WP Senior (257.07 punte), Grens (203.85 punte), Barbarians (182.55 punte) en OP Rooi (173.49 punte). Die swaarste visspesies was: Rooi Roman (2.45kg - Alan Ford), Rooistomp (3.5kg - Frans Kennedy), Silvervis (2.75kg - Colin Joubert), Snoek (3.85kg - Jaundré Geldenhuys), Geelbek (7.35kg - Peter Dawson), Kabeljou (2.0kg - Robert Dahl) en Hottentot (1.4kg - Bradley Bartlett). Die Top Hengelaar was Peter Dawson (79.68 punte) en die Top Skipper was Gustav Groenewald op Blaasoppie. Dag 3 was minder van ‘n goeie hengeldag en net 4 spesies is ingeweeg. Die puntestand was soos volg: OP Swart (130.8 punte), Barbarians (126.75 punte), WP Senior (29.34 punte), WP Junior (16.69 punte), OP Rooi (14.34 punte) en Grens (8.78 punte). Die swaarste visspesies was: Rooi Roman (2.85kg - Pieter Didloff), Rooistomp (4.15kg - Pieter Didloff), Silvervis (1.95kg - Gedeel: Colin Joubert en Bradley Bartlett) en Geelbek (1.6kg - Mike Pulcella). Die Top Hengelaar was Peter Dawson (18.82 punte) en die Top Skipper Louis Bekker op Haven. Die volledige uitslae van die kompetisie is soos volg: 1ste OP Swart (685.19 punte), 2de WP Junior (477.26 punte), 3de WP Senior (396.69 punte), 4de Barbarians (320.58 punte), 5de Grens (284.11 punte) en 6de OP Rooi (265.72 punte). Die volgorde van die Top skippers was: 1ste Louis Bekker (Haven), 2de DP Burger (King Fisher), 3de Gustav Groenewald (Blaasoppie), 4de Thys Louw (Sophie), 5de Ian Fourie (Laurika 2), 6de Lucas Holtzhausen (Dad’s Toy) en 7de Patric (Sophie). Die Algehele Top Hengelaar is Peter Dawson met 107.68 punte. “Dankie aan almal wat deelgeneem het en ver gery het om die kompetisie moontlik te maak en ons sien daarna uit om julle weer volgende jaar hier te sien,” sê Riaan. “Dankie ook aan al die klublede wat so hard gewerk het om alles reg te kry sodat alles vlot kon verloop.”

Riaan bedank ook alle borge, waarsonder ‘n kompetisie soos hierdie nie moontlik sal wees nie. Navrae rakende Overberg Boothengelklub kan aan Riaan van Staden by 082-929-8688 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by rjavanstaden@yahoo.com.

Hardus Botha

Foto: Die WP se Senior Span: Colin Joubert, Philip van der Walt en Piet Skiet van Rensburg met hul vangste.

Kleinbaai Inter-Provinsiale Boothengelkompetisie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles