Herbarium se Fynbos Garden

Herbarium se Fynbos Garden

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pearly Beach se Fynbosbewaring, met Heilie Mostert as projekleier, bestaan uit 3 sektore: die Fynbossentrum met ‘n vertoonlokaal van vars fynbosspesies, die Herbariumgedeelte, asook hulle nuutste toevoeging, die Fynbos Garden.

Die Fynbos Garden het sowat ‘n jaar gelede op die oop stuk grond langs die Fynbossentrum tot stand gekom. Die netjiese uitgelegde tuin met wandelpaadjies, bestaan tans uit sowat 400 plante wat in die dorp groei en in die tuin vir bewaring oorgeplant word, asook sowat 40 bome, waarvan 15 Witmelkhoutbome is. Die korrekte botaniese name is by elke spesie en boom aangebring, wat ‘n besoek aldaar des te meer interessant maak. Die meeste van die plant- en onderhoudswerk word eiehandig deur Heilie hanteer, met hulp op Dinsdae vir die skoonmaak van die paadjies en voorbereiding van die grond om te plant. “Ek verkies om self die plantwerk te doen sodat dit op die regte wyse gedoen word.”

Wat die Herbarium betref, kan daar vir ure na Heilie en haar passie vir die afgelope 15 jaar geluister word. Tans is daar 346 geïdentifiseerde spesies op haar indekskaarte. Eers moet die spesies gevind word (wat sy self in die veld versamel!), daarna identifiseer sy dit, waarna sy dit pars. Die geparste spesies met volledige besonderhede word op die indekskaarte aangebring, waarna dit vir bewaring en navorsing geliasseer word, byna soos in ‘n biblioteek se naslaanafdeling. Nasionale Naamlyskodes word ook op die bome in die tuin aangebring.

Alle dokumentasie word ook op lêer geplaas en elke Desember stuur Heilie ‘n volledige verslag van die jaar se geplukte spesies aan Cape Nature, ingesluit die GPS-lesing van die presiese ligging waar sy die spesie gekry het. “Ons ontvang ook gereeld kundige botanikuste en navorsers van Kirstenbosch en Stellenbosch as besoekers en daarom wil ek graag vir hulle wys dat ons Herbarium professioneel en op die korrekte wyse bedryf word,” vertel Heilie. Vir navrae rakende die Herbarium en die Fynbos Garden, kan Heilie Mostert by 082-392-1178 geskakel word.

Hardus Botha

Foto 1: ‘n Pragtige lugfoto van die Fynbos Garden by Pearly Beach se Fynbossentrum wat deur Dennis McCrysal geneem is

Foto 2: Heilie Mostert, projekleier van Pearly Beach se Herbarium, met twee van die Indekskaarte in haar hand en ‘n voorbeeld van hoe die spesies gepers word langs haar

Herbarium se Fynbos Garden

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles