Seniors geniet Dillon

Seniors geniet Dillon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die inwoners van Herberg-aan-See (HaS), hoofsaaklik dierbare senior “tannies”, het die optrede van Dillon Lerm in die ontspanningsaal terdeë geniet. Dillon het sommer groot applous na elke lied wat hy gesing het ontvang.

“Hester Venter het my kom sien en gesê sy voel geroepe om ‘n fondsinsamelingsprojek vir die Tehuis te reël,” vertel John van Rooyen, Bestuurder: HaS. “Ek was maar té dankbaar oor haar voorstel om Dillon Lerm te nooi vir ‘n optrede en die aand was ‘n groot sukses.” Tydens Dillon se gratis oggend-optrede by HaS, het hy met die tong-in-die-kies begin deur te sê hy moet tog nie verkeerdelik met sy “tema-lied gejudge” word nie, en toe sing hy tot groot vermaak van almal: “All the girls I’ve loved before”!

Dillon het reeds die oggend al bewys waarom hy groot opgang in die musiekwêreld gemaak het. Sy spontane optrede en sing-stap tussen die bejaardes rond, is baie goed ontvang. Hy het hom ook nie laat afsit deur ‘n stukkende mikrofoon nie en het summier dorp toe gery en ‘n ander een gaan koop. Monique Pool agter Dillon se klanksisteem het haarself eweneens goed van haar taak gekwyt. Saterdagaand se optrede is eweneens terdeë geniet en is redelik goed bygewoon, maar dit kon beter gewees het, met Gansbaai se Goue Hande wat vir ‘n “smaaklike” pouse gesorg het.

John hou graag die volgende bedankings voor: Hester Venter vir haar groot ywer met die reëlings en verkoop van kaartjies, die Goue Hande, Anita Botha en Marlene van Rooyen vir die pragtige en musiek-gepaste opmaak van die saal, die ondersteuners wat opgedaag het en dan ook veral die “vele” donateurs wat almal ruim tot die aand se sukses bygedra het.

Hardus Botha

Foto 1: Dillon Lerm (middel) by ‘n deel van HaS se opgewonde inwoners tydens sy optrede daar, met regs van hom Hester Venter en haar dogter, Louise Geldenhuys links van hom.

Foto 2: Dillon in aksie.

Seniors geniet Dillon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles