Kwaskenades se kwaste

Kwaskenades se kwaste

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Kwaskenades Kunsgroep van Olga Swanepoel se kwaste is al vir sowat 5 jaar woelig aan die verf. “Aanvanklik het sowat 3-4 dames sommer in my motorhuis bymekaar gekom om te skilder, maar die groepie het geleidelik uitgebrei,” vertel Olga. “In 2012 het ons, op uitnodiging, by die voormalige Ciro’s restaurant bymekaargekom om te skilder.” Olga sê die groep dames het al meer begin word en sedert Januarie 2013 kom hulle op Woensdae in Gansbaai Lionsklub se saal bymekaar, waar daar voldoende ruimte vir die skilderklasse is.

“Tans het ek 16 studente, waarvan drie van die aanvanklike studente steeds die klasse bywoon, naamlik Agnes Celliers, Annie Smit en Liz Levey.” Olga verskaf die basiese en noodsaaklike onderrig aan haar studente, maar met voldoende vryheid om hul eie skilderstyl uit te leef. Die meeste van die studente verkies om olie as medium te gebruik, maar daar is ook variasies van waterverf en pastel. Olga en haar studente se onlangse uitstalling op Saterdag, 5 Julie 2014 in die Lighthouse Tavern van Julia Barlow, het suksesvol verloop. Sy en elkeen van haar studente het elk twee skilderye uitgestal, met Julia wat gesorg het vir ‘n koppie tee/koffie en ‘n soetigheidjie vir die besoekers.

“Ek voel baie tevrede met die aantal besoekers wat die uitstalling besoek het en is ook trots op my studente vir hulle puik werk, selfs al skilder sommiges van hulle nog maar net ‘n paar maande,” sê Olga. “Van die ander het reeds baie goed gevorder en ons streef daarna om die standaard van die kunswerke voortdurend te verbeter.” Slegs drie van Olga se 16 kunsstudente, Veronica, Roseline en Trienke was teenworrdigheid toe die meegaande foto geneem is.

Belangstellendes kan vir Olga by 082-444-9172 vir verdere besonderhede skakel.                                        

Hardus Botha

Foto: Vlnr is Veronica, Roseline, Olga (skilderkuns-aanbieder) en Trienke

Kwaskenades se kwaste

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles