Dirk Crafford groet Munisipaliteit

Dirk Crafford groet Munisipaliteit

Gansbaai Courant

Na 30 diensjare het Dirk Crafford, Munisipaliteit Overstrand se Operasionele Bestuurder in Gansbaai, op 30 Junie 2014 afgetree. Dirk is op 30 Augustus 1958 in Pietermaritzburg gebore, maar sy ouers het kort ná sy geboorte na die Kaap verhuis.

Sy skooljare deurloop hy in Riversdal (pre-primêr), Mafeking (Laerskool) en George (Hoërskool Outeniquwa) waar hy in 1970 matrikuleer. Na skool doen hy sy 2 jaar verpligte militêre diens in die Lugmag as ‘n hondehanteerder.  Aanvanklik verwerf hy ‘n diploma in Tipografiese Opmeting aan die Kaapstadse Tegnikon, maar is nie gelukkig met sy keuse nie. Hy skryf weer in en verwerf ‘n diploma in Siviele Ingenieurswese.

Op 31 Maart 1984 tree Dirk met Nadia in Goodwood in die huwelik. Die egpaar het twee dogters, Rochè (26) wat getroud is en Trishca (24). Sy beroepsjare begin Dirk in Caledon se destydse Afdelingsraad waar hy vir 8½ jaar werk - eers as Tegnikus en later as Hoof: Tegniese Dienste. Met die rasionalisering van die Afdelingsrade en instelling van Streeksdiensterade gedurende 1992, moes almal in die Ingenieursafdeling vir ander poste aansoek doen.

In 1993 word hy as Hoof: Siviele Ingenieursdienste by die destydse Munisipaliteit Gansbaai aangestel. In Desember 2000 ondergaan Dirk 'n verdere rasionalisering in plaaslike bestuur met die instelling van die Munisipaliteit Overstrand waar vier gevestigde dorpe (Hermanus, Kleinmond, Stanford en Gansbaai) met hul eie munisipaliteit, saamgevoeg word. Dirk het egter grootliks die pligte verbonde aan sy pos in Gansbaai behou alhoewel sy posbenaming verander het na dié van Operasionele Bestuurder: Gansbaai, wat hy beklee het tot en met sy aftrede.

“Die belangrikste wat nou op ons agenda is, is om rond te toer en plekke, vriende en familie te besoek waarvoor daar net nooit tyd was nie.” Tydens die geleentheid waartydens kollegas van Dirk en Nadia afskeid geneem het, het die Areabestuurder, Kat Myburgh, net lof gehad vir die manier waarop Dirk sy pligte uitgevoer het en met sy kollegas en die publiek in Gansbaai saamgewerk het. Hy het spesifiek ook vir Nadia en die kinders bedank vir hul aandeel in die suksesse wat hy in sy werk behaal het. Dit is ongelukkig onvermydelik dat die res van die familie op een of ander wyse geraak word en opofferings moet maak wanneer eise by die werkplek voorrang geniet. Dirk sal gelukkig goeie herinneringe van sy dienstermyn hê wanneer hy daagliks talle suksesvolle projekte waarby hy direk betrokke in die hele Overberg was, kan aanskou. Hy sal onthou word vir sy vermoë om oplossings te bring vir talle uitdagings wat daagliks oor sy pad gekom het.

Mnr Myburgh het ook tydens sy afskeidsboodskap gesê dat mense nie onvervangbaar is nie, maar dat elke mens oor unieke eienskappe en karaktertrekke beskik waaroor 'n opvolger nie oor beskik nie. Dit is juis hierdie omstandighede wat maak dat Dirk baie in sy werkplek gemis sal word. “Ons beste wense vergesel hom en sy gesin op hul toekomstige lewenspad en namens alle inwoners van Gansbaai bedank ons hulle vir onbaatsugtige diens aan die gemeenskap van Gansbaai,” het mnr Myburgh gesê.

 Hardus Botha

Foto: Dirk Crafford en sy eggenote, Nadia, “rustend” en ontspanne in hul huis in De Kelders ná sy onlangse aftrede

Dirk Crafford groet Munisipaliteit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles