Agulhas Biodiversity Initiative (ABI) se nuutste Nuusbrief spreek van ‘n groot bedrywigheid en is propvol bewaringsnuus en -inisiatiewe.
“The Overberg's importance as a home for vital fauna and flora can't be overestimated. And this has really been highlighted in the past few months. From the Overberg's mountains - which provide a sanctuary for the few Cape leopards left, to the region's wetlands - where the endangered Western Leopard Toads and red fin minnows live. That's why we come together under the ABI-banner, as organisations and individuals, to help each other better protect and encourage a healthy and productive natural environment.”
Enkele hoogtepunte in die Nuusbrief verwys na ABI se betrokkenheid by onder andere die uitroei van uitheemse plante in ‘n area van sowat 30,000 hektaar, hulle 2de Algemene Jaarvergadeing met vennote en fokus op die padda-bevolking in die Overberg. Wat uitstaan, is ‘n interessante artikel oor luiperds tussen Hermanus en Cape Infante.
‘n Studie deur Landmark Foundation het bevind dat daar maksimum sowat 16 luiperds in genoemde area oor is. Hulle waarsku egter dat luiperd-populasie té laag is. Jeannine McManus van Landmark Leopard & Predator Project sê luiperds is die laaste van vry-rondtrekkende top-roofdiere en indringende aksies word vir hulle oorlewing benodig. Sy waarsku dat luiperds se beperking tot klein areas tot genetiese issolasie en latere uitsterwing kan lei. “In die Overberg-area het landelike ontwikkeling die luiperds na bergareas en klein onontwikkelende areas verdryf.
“Leopards have an important role to play ecologically: they influence biodiversity and they help maintain healthy ecosystems. So we also lose lower levels of biodiversity without predation. And here in the Overberg, losing one leopard out of 16 is a huge problem.”
Studies in hierdie omgewing toon dat wyfie luiperds gemiddeld sowat 22kg weeg, terwyl mannetjies sowat 35kg weeg, maar gevalle is al gekry waar die mannetjie tot so min as 21kg weeg. Volgens Jeannine is die meerderheid van luiperds in die omgewing van die De Hoop area en Hemel-en-Aarde Valei opgemerk.
Hardus Botha
Foto: ‘n Voorbeeld van ‘n luiperd waarvan daar na skatting sowat 16 tussen Hermanus en Cape Infante is