Dis altyd lekker op en by die see

Dis altyd lekker op en by die see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Indien jy vanaf ‘n boot hengel en die vis byt nie, of het opgehou byt, kan jy maar seker wees  --  voorspel net hardop “kom ons gee pad, die vis byt nie meer nie”, en so waar as vet, die vis kry weer lewe. Hoe sal dit nou werk indien jy dieselfde logika van toepassing maak op die huidige situasie met betrekking tot die traagheid van die vis om aan die byt te kom? Miskien, net miskien, werk dit tog!

Die weer volg steeds dieselfde patroon, wat beteken jy kan net een of twee maal ‘n week dit op die see waag. Jy sal wel vis vang maar tot nou toe is dit die geelbek en snoek wat maar net nie behoorlik wil opdaag nie. Die hotties se tyd is omtrent verby en die ou groot vettes is  ook nie meer volop nie. Oulywe, dis waarvoor nou probeer moet word. Bietjie dieper in, so 40 meter en selfs nog dieper behoort ideaal te wees. Onthou net, daar is ook baie kleintjies en dié moet teruggeplaas word. Die wettige grootte is 35 cm. Loop maar versigtig!

 Van die bote het die naweek nie te sleg gevaar met veral silwervis en hotties nie. Die kommersiële bote weer vang heelwat haai.

Die nuwe lanseerfooie vanaf Kleinbaai-hawe vir sport en ontspanningbote is R500 vir die jaar. Oordeel maar self.

Die naweek het ons bietjie afgesit Plaat toe, om die ou lang stokke bietjie oefening te gee. Eers het ons gaan loer by Kleinbaai en Franskraal maar die water was vir hengel alles behalwe belowend. Dis toe ons besluit om die Plaat te besoek. Die water het ons aangenaam verras, veral as jy dit vergelyk het met die hengelgate wat ons eers by was. Laat ek sommer ‘n lang storie kort maak,  ons het nie eers ‘n byt gekry nie! Selfs die warm water het nie gehelp nie. Dikbek is ons weer terug. ‘n Ou wat ek weet sy storie ken het ons glad nie geglo toe ons kamstig vra of hy nie ‘n paar galjoen wil hê nie. So met ‘n skuins glimlag (beterweterig?) lig hy ons toe in dat die weer nie reg is nie, en weg is hy. Die weer moet mos sorg dat die water reg is, en die water wás dan reg  --  “nevermaaind” die verkeerde weer!! Iemand anders se mening was dat die water te rof was by die Plaat. Daaraan sluk ons maar swaar. By Pearly Beach gaan dit baie beter en van die hengelaars is baie gelukkig met vangste.

In elk geval, lekker vang. Seemeeu

Dis altyd lekker op en by die see

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles