Montagu maak amok teen Black Leaves

Montagu maak amok teen Black Leaves

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat die opskrif hierbo aanbetref  kan daar bladsye vol geskryf word, maar kom ons kry die hele besigheid 'n bietjie in perspektief.

Dat die ouens van Montagu die Baaiers verlede week behoorlik op hul herrie gegee het laat nogal 'n wrang smaak na maar tog het die "boys" met 'n goeie gees huiswaarts gekeer. Bo en behalwe die rugbyles wat Black Leaves by die Villagers van Montagu geleer het hul ook die volgende keer. Montagu was tot toe die sukkellende span in die kompetisie maar het op 'n operasie klub skoonmaak besluit en daarom die reuse sukses behaal. Ja en net daar het die Baai dan opslag wakker geskrik en besluit om sonder onderhandeling die snoeiskêr behoorlik te kom inlê.

Reeds met die aankoms daar op Montagu se sportgronde kon jy die samehorigheid oplet en vanaf die staanspoor het hulle die veld gevee met die Swart-Blare. Black Leaves se derdes keer wel terug met 'n bonus puntjie (6-12). Die tweedes het vir die hele duur van die "game" nie die doellyn gesien nie en daarvoor kon die eerste span darem 'n troos drie behaal, danksy Brenton Lee Dickson se flinke spel. Met die lekker verloor daar anderkant het die Baaiers nogal die "guts" gehad om Montagu te "blew" vir die herontmoeting by die huis. Die uwe het dit gehoor en hy weet al wat gaan gebeur. Dit gaan waaragtig eina wees vir Montagu.

Die klubs is in reses vir minstens twee weke en Black Leaves beplan fondsinsamelings ten opsigte van bedrywighede op Blompark sportgronde.

Met 'n behoorlike tien wedstryde oor gaan jy nooit die fokus van die Black Leaves afkry om die top vier uitspeel wedstryde te haal nie.

Amateur rugby op ons dorpe leef swaar a.g.v tekorte aan finansies. Die klub vra dus mooi vir hulp, bystand, ondersteuning en/of enige bydrae wat kan help tot jong sportsterre se vooruitgang om nie op verkeerde weë te beland nie.

So sê Bra "G"

Argieffoto: Gavin Smit, losskakel, in aksie.

Montagu maak amok teen Black Leaves

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles