Hondeharte huil

Hondeharte huil

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Ek is dankbaar dat ek die Here kan loof en prys terwyl dit goed gaan met my, ek hoop ek sal Hom ook loof wanneer dit nie goed gaan nie." Met dié woorde het ds. Pierre Pheiffer (75), van die Franskraalkamp buite Gansbaai, Vrydagoggend gesterf.

"Pierre het met hierdie getuienis net uit sy stoel gegly en sy asem uitgeblaas," vertel mnr. Peppie Pebler van Pearly Beach, by wie ds. Pheiffer gaan koffie drink het. Die emeritus leraar het oënskynlik niks makeer nie en het vermoedelik 'n hartaanval gehad. Ds. Pheiffer was by baie mense bekend as die vriendelike man met die groot wit papegaai op die skouer - die twee was onafskeidbaar. Min mense het egter van sy Samaritaanswerk onder die verwaarloosde en verhongerde honde van die woonbuurte rondom Gansbaai geweet. Hy het elke dag 'n mengsel van stukke vleis, vleisskaafsels, groente, brood en koskorrels wat hy oral bymekaar gemaak  het, vir troppe honde gevat en kon baie ernstig raak wanneer hy teenstand teen dié liefdesdiens gekry het. Die dag voor sy dood het hy nog ywerig gehelp om honde uit die Beverley Hills informele nedersetting aan te ry na die Birkenhead Animal Rescue Centre ( BARC) vir sterelisasie - ook hier was hy 'n steunpilaar. "Oom Pierre was 'n baie goeie, geduldige en hulpvaardige mens, hy het my Donderdag bygestaan met die sterilisasie van die honde en het altyd van sy "hondekinders" gepraat, vertel mnr. Gavin Hughes, wat in beheer van BARC se hondehokke is. Ds. Pheiffer was in sy beroepslewe 'n NG-sendingleraar, hy het in Gansbaai se omgewing kom aftree en het hom in 2012 by die plaaslike AGS-gemeente aangesluit. Sy lewenstaak om die honde kos te gee,  was deel van dié gemeente se dienswerk in die gemeenskap, wat ook die versorging van diere insluit. Pastoor Frikkie Zeelie het Sondagoggend in die kerk gesê dit is lofwaardig dat ds. Pheiffer met die Here se naam op sy lippe gesterf het. "Sy lewe het daarvan gespreek dat hy die Koning gedien en geëer het en ek is seker dis ook hoe hy graag sou wou sterf."                              

Hoewel ds. Pheiffer dikwels gesê het hy wil geen formele begrafnis hê nie, sal 'n huldeblyk ter nagedagtenis aan hom, Sondagoggend om 09:30 in die AGS se Aanbiddingsentrum in Mullerstraat, gelewer word. Hy sal privaat veras word. Gemeentelede sal hom onthou vir sy warm en hartlike medemenslikheid, die man wat na kerk self sy teekoppie gaan was het, wat sélf sy kraaknetjiese hemde gestryk het en wie se slotgebed ter afsluiting van 'n erediens, diep in 'n mens se siel bly eggo het. Mense wat vir Pierre Pheiffer geken het, sal Gavin Hughes se woorde beaam: "Dis jammer dat goeie mense moet doodgaan..."

* Die groot wit papegaai, Lulu, wou na haar baas se dood dae lank niks eet nie. Sy word deur 'n vriendin versorg en sal teruggaan Wellington toe waar sy oorspronklik vandaan gekom het.

Carien Crafford

Hondeharte huil

Carien Crafford

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles