Nuutste oor BBos pad opgradering

Nuutste oor BBos pad opgradering

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mannie van Eeden, Hoof: Paaie Divisie, Overberg Distriksmunisipaleit het op verskeie klagtes oor die padwerke na Baardskeerdersbos gereageer. Met verwysing na ‘n vergadering te B’Bos, sê hy dat die verbreding van die heuwelgedeelte eerste prioriteit geniet.

“Ons het ook op die gedeelte wat verweer het, gefokus en dit is reeds gekompakteer,” sê hy. “Ongelukkig was die voggehalte van die materiaal steeds baie hoog, maar daar is wel met die werk voortgegaan.”

Hy sê ook dat dit ‘n baie gladde padoppervlak tot gevolg het en dat spoedbeperkings- en waarskuwings-tekens oral aangebring is en van krag sal wees totdat die toestand van die pad verbeter het. “Indien dit weer reën, sal die pad wel gebruik kan word, maar motoriste moet kennis neem dat dit baie gevaarlik kan wees en versigtigheid moet deurgaans aan die dag gelê word.” Hy beveel die Avoca-pad aan vir wanneer dit reën. “Die gemeenskap kan seker wees dat alles moontlik gedoen word om die pad so veilig as moontlik te hou, maar ons kan nie teen die natuur veg nie.”

Helena Swart van Baardskeerdersbos verwys ook in ‘n skrywe aan Gansbaai Courant na die gevaarlike aspekte rakende die pad, soos die swak toestand daarvan, swaar masjienery en vragmotors waarvoor motoriste op die uitkyk moet wees. Sy beveel aan dat die pad vermy moet word en dat motoriste op pad na Stanford en Hermanus die ompad via Papiesvlei moet gebruik, maar steeds versigtig moet wees wanneer dit reën. “Ons sal geduldig moet wees, al is daar groot begrip vir B’Bossers wat daagliks in-en-uit moet ry, aangesien die onvoorsiene weersomstandighede sake erg bemoeilik,” sê sy.

Die volgende vergadering rakende die padkonstruksie is vir 20 Augustus 2014 om 12:30 in die Strandveld Pub te Baardskeerdersbos geskeduleer.

Hardus Botha

Nuutste oor BBos pad opgradering

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles