Meer en meer soos Jesus 6

Meer en meer soos Jesus 6

Gansbaai Courant

 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.” (Mat 5:38,39,41,42)

Dit is darem nie lekker as iemand jou beledig of seermaak nie, nê? Ons eerste reaksie is om iemand te wil “terugkry”. Dit soos wanneer kinders baklei en mekaar die hele tyd wil “terugkry”. Dit was ook wat die gelowiges in die Ou Testament geglo het as hulle die beginsel lees van 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ As iemand jou skade berokken het, kon jy hom daarvoor “terugkry”. Dit is so asof jy altyd die laaste hou wil inkry, of die laaste sê sê.

Jesus wys ons in hierdie gedeelte van die Bergpredikasie dat Sy volgelinge anders moet optree is sulke situasies. Hy maak die nodige regstelling op hierdie Ou-Testamentiese beginsel van reg wat moet geskied. As Christene moet ons die kringloop van mekaar “terugkry” verander met Jesus se liefdesbeginsel. Doen goed aan mekaar deur mekaar lief te hê. Wees bereid om selfs jou ander wang te draai as iemand jou op jou regterwang sou slaan. Dit beteken dat jy vir hom wys dat jy hom net daar en dan vergewe en nie langer met die argument wil aangaan nie.  “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”

(Rom. 12:20) 

In die fliek oor Ghandi se lewe reageer hy ook oor die opmerking dat  ’n oog vir ’n oog geneem moet word. “’n Oog vir ’n oog sal net daarin slaag om die hele wêreld blind te maak!”  Daar is genoeg haat in die wêreld sonder Jesus daarin. Wanneer ons Jesus in ons lewe innooi wil jy soos Jesus optree. Dit is waar dat mense wat jou beledig en slaan jou seermaak. Maar jy hoef nie vanuit jou seerkry te reageer of antwoord nie. Doen die Jesus-ding: Reageer vanuit die krag van liefde. Ons moet liefhê selfs al verdien ander dit nie. Ons sal alleenlik ’n verskil kan maak as ons leer om alles wat ons doen met Jesus se liefde in ons te doen. “Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.”  (2 Kor. 12:10)

Meer en meer soos Jesus 6

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles