Fynbos Festival Gansbaai

Fynbos Festival Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Splinternuwe fees gaan Gansbaaiers en toeriste vermaak in September – met aktiwiteite om die area se pragtige natuurskoon ten toon te stel. Die Funky Fynbos Fees vind plaas vanaf die 12de tot die 14de September 2014 in die Gansbaai omgewing. Dit sluit in opwindende aktiwiteite, van 4x4 roetes en bergfietsreisies, tot die meer ontspanne aktiwiteite soos wynproe, restaurante en musiek.

Die doel van die fees is om Gansbaai as ‘n toeriste bestemming te bemark en om al natuurskoon – van die fynbos, tot die walvisse – aan besoekers bekend te stel. Vir diegene wat in die Overstrand area reeds woon, is dit ‘n geleentheid om ‘n naweek in die natuur te geniet, en om die omgewing in ‘n nuwe lig te sien. Die fees is gerig op die hele familie van jonk tot oud, met aktiwiteite en akkommodasie wat almal se sak sal pas.

Ander aktiwiteite wat feesgangers gaan geniet sluit in fynbos stap roetes, ‘n fynbos uitstalling, perderitte, stalletjies, quad biking, ‘n varswater visvang kompetisie, musiek en vele meer. Die fees bied ook ‘n Bergfiets roete van drie verskillende afstande om van te kies: 41km, 30km en 10km as ook ‘n Trailrun van 30km, 10km en 6km. Vir inskrywings en meer inligting besoek gerus die Funky Fynbos Festival webwerf by www.funkyfynbos.co.za.

Die fees se sentralepunt is by die Uilkraals vallei, wat ‘n sirkel roete sal vorm om al die aktiwiteite en natuurskoon te kan beleef. Vervoer sal beskikbaar wees tussen die verskeie plekke op die sirkel roete om alle gebeurtenise en aktiwiteite maklik bekombaar te maak. Daar sal feeskaarte gedruk word met aanwysing na al die verskeie aktiwiteite en besienswaardighede in die vallei, as ook in die Gansbaai area.

Intussen bedank die Funky Fynbos Festival komitee graag almal wat  tot dus ver ‘n bydrae gemaak het tot die fees. Dit sluit in besighede soos die Gansbaai Toerisme Kantoor, WESGRO, Grootbos Private Nature Reserve, Gansbaai Marine, Lomond, Romansbaai Ontwikkeling, Platbos, Flower Valley Conservation Trust, Quad Explore, Strandskloof Karavaan Park, De Uiljenes, Uilenvlei, Saxon Lodge, Farm 215, Bhodi Khaya, African Horse Company, Panorama Restaurant, Benguela Restaurant, Marine Dynamics, Guiseppes, Coffee on the Rocks, Tuscany’s Restaurant en White Shark Diving Company.

Vir meer inligting oor die fees stalletjies en om ‘n uitstaller te wees kontak Morne van Deventer by mornevd@sswifi.co.za of Glenda Kitley by gansbaaimanager@telkomsa.net

Vir enige verdere navrae kontak Mariana Smal (fees koordineerder) – 0799510455 / info@overbergonline.co.za of Dave Sawtelle (komitee voorsitter) info@saxonlodge.com

Webtuiste: www.funkyfynbos.co.za of www.gansbaai.com

Volg ons op Twitter en Facebook.

Fynbos Festival Gansbaai

12-14 September 2014

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles