Wonders van Nieu Seelandse Kuslyn

Wonders van Nieu Seelandse Kuslyn

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Nieu-Seelandse Kuslyn is sonder twyfel die mees ongelooflikste kuslyn en liefhebbers van reis en die natuur, kan ‘n besoek aldaar ernstig oorweeg,” vertel ‘n opgewonde Sanchia Chivell ná hulle besoek aan die Suid-eiland op die Nieu-Seelandse Kuslyn. “Ons kon ervaar hoe dié land hulle Mariene Ekotoerisme Industrie op ‘n besonderse wyse implementeer.” Sy en haar broer, Dickie Chivell en sy vriendin, Karli van Straten, asook Wilfred Chivell was onlangs vir twee weke in die gebied op vakansie.

Dickie was bevoorreg om sowat ‘n maand voor die tyd al daarheen te kon gaan, met die res wat op Stewart Island in die suide by hom aangesluit het. Dickie het filmwerk oor die Groot Withaaie vir Discovery Channel saam met die wêreldbekende filmvervaardiger, Jeff Kurr en fotograwe Andy Casagrande en Chris Fallows gedoen. “Dit was ‘n onvergeetlike ervaring en ‘n baie groot voorreg wat my te beurt geval het,” het Dickie tydens sy aanbieding in die Great White House gesê.

“Van die vernaamste plekke wat ons besoek het, is Stewart Island met ‘n populasie van 381, Ulva Island met slegs voëls en geen natuurlike roofvoëls nie en Akaroa se Hector’s Dolphins, die wêreld se kleinste en skaarste dolfyne,” het Dickie gesê. “Dan was daar ons walvisbesigtigings-bootrit by Kaikiura wat die mees bekendste besigtigings-bootrit in die wêreld is met hulle Spermwalvisse, donker dolfyne en albatrosse.” Hy het ook enkele interessanthede rakende die volgende uitgelig: die Spermwalvis wat die grootste getande walvis en roofvis is wat vir ±2 ure onder die water kan bly, met hulle blaasholtes aan die linkerkant van die kop; die klein Blou pikkewyn, wat die kleinste pikkewyn in die wêreld is en ook as die fee-pikkewyn bekendstaan; die geeloog pikkewyn, wat die wêreld se skaarste pikkewyn is, maar ook die mees on-sosiaalste pikkewyn is, met eiesoortige geel oë en wat in die woude, kilometers van die strand af, broei.

Dickie het tydens sy aanbieding die mees verstommendste foto’s vertoon, met vele interessante inligting. Hy het die gaste se aandag op sy kenmerkende wyse van opgewonde vertellinge behoorlik vasgevang. Ná die aanbieding is die gaste oudergewoonte met sop en vars brood getakteer.

(Foto’s in Nieu-Seeland deur Sanchia Chivell)

Hardus Botha

Wonders van Nieu Seelandse Kuslyn

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles