Wonders van Nieu Seelandse Kuslyn

Wonders van Nieu Seelandse Kuslyn

Gansbaai Courant

 “Die Nieu-Seelandse Kuslyn is sonder twyfel die mees ongelooflikste kuslyn en liefhebbers van reis en die natuur, kan ‘n besoek aldaar ernstig oorweeg,” vertel ‘n opgewonde Sanchia Chivell ná hulle besoek aan die Suid-eiland op die Nieu-Seelandse Kuslyn. “Ons kon ervaar hoe dié land hulle Mariene Ekotoerisme Industrie op ‘n besonderse wyse implementeer.” Sy en haar broer, Dickie Chivell en sy vriendin, Karli van Straten, asook Wilfred Chivell was onlangs vir twee weke in die gebied op vakansie.

Dickie was bevoorreg om sowat ‘n maand voor die tyd al daarheen te kon gaan, met die res wat op Stewart Island in die suide by hom aangesluit het. Dickie het filmwerk oor die Groot Withaaie vir Discovery Channel saam met die wêreldbekende filmvervaardiger, Jeff Kurr en fotograwe Andy Casagrande en Chris Fallows gedoen. “Dit was ‘n onvergeetlike ervaring en ‘n baie groot voorreg wat my te beurt geval het,” het Dickie tydens sy aanbieding in die Great White House gesê.

“Van die vernaamste plekke wat ons besoek het, is Stewart Island met ‘n populasie van 381, Ulva Island met slegs voëls en geen natuurlike roofvoëls nie en Akaroa se Hector’s Dolphins, die wêreld se kleinste en skaarste dolfyne,” het Dickie gesê. “Dan was daar ons walvisbesigtigings-bootrit by Kaikiura wat die mees bekendste besigtigings-bootrit in die wêreld is met hulle Spermwalvisse, donker dolfyne en albatrosse.” Hy het ook enkele interessanthede rakende die volgende uitgelig: die Spermwalvis wat die grootste getande walvis en roofvis is wat vir ±2 ure onder die water kan bly, met hulle blaasholtes aan die linkerkant van die kop; die klein Blou pikkewyn, wat die kleinste pikkewyn in die wêreld is en ook as die fee-pikkewyn bekendstaan; die geeloog pikkewyn, wat die wêreld se skaarste pikkewyn is, maar ook die mees on-sosiaalste pikkewyn is, met eiesoortige geel oë en wat in die woude, kilometers van die strand af, broei.

Dickie het tydens sy aanbieding die mees verstommendste foto’s vertoon, met vele interessante inligting. Hy het die gaste se aandag op sy kenmerkende wyse van opgewonde vertellinge behoorlik vasgevang. Ná die aanbieding is die gaste oudergewoonte met sop en vars brood getakteer.

(Foto’s in Nieu-Seeland deur Sanchia Chivell)

Hardus Botha

Wonders van Nieu Seelandse Kuslyn

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles