“Motoriste moet kennis neem dat daar onlangs weer ‘n klipgooiery na motors vanaf Kleinbaai, rigting Industriële gebied naby Dallas was,” waarsku Henri Punt van De Kelders.
“Die klip is met soveel krag gegooi, dat ek aanvanklik gedink het dit was geweervuur.” Henri was op pad terug huis toe toe die voorval plaasgevind het. Die klip het die voertuig só hard getref dat die gat bykans deur die metaal was.
‘n Vorige keer is waarskuwings deur Gansbaai Courant gerig oor ‘n klipgooiery naby Stanford wat ernstig van aard geraak het.
Hardus Botha