Snoek in Hermanus

Snoek in Hermanus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hierdie afgelope naweek darem kans gekry om op die see te kom. Ongelukkig is dit nog nie ‘n baie gelukkige storie nie… Eers gaan lê jy op ‘n plek aangedui deur die GPS. Nie dat dit baie gehelp het nie, want eers na ‘n paar keer se skuif kon daar darem gespog word met ‘n paar bul-romanne. Die hotties wat jy tussenin vang (ook maar aan die klein kant hoor) laat jou tog besig bly. Die ou groot, vettes is klaar met vakansie en vir hulle sal ons heel rukkie moet wag.

Die werklike goeie nuus, en dis nou te sê indien my informant reg is, is die snoek wat in die omgewing van Hermanus gevang is. Dadelik is jou gedagte “ons is volgende!” Soos almal weet moes die snoek al hier gewees het en hulle teenwoordigheid by Hermanus  maak jou ongeduldig. Ons sal maar moet sien of daar nie ‘n radikale verandering in die patroon kom nie. Ek belowe om so gou as ek gewaar dat die snoek gesig wys, dit te verkondig.

Die hengelkompetisie wat die ouens met die lang stokke gehou het, was ook maar nie so vreugdevol nie. Moet sê, as ek een galjoentjie inweeg, sal my vreugdevure baie hoog brand. ‘n Man kan maar wispelturig wees wanneer dit kom by of jy van verskillende visse se smake hou, maar daar is werklik baie min mense wat gaan stry as dit by galjoen kom. Daar kom net niks by ‘n vet galjoentjie op ‘n ordentlike rooster nie. Wel…ons kan nogal praat oor die vet pensgedeelte van ‘n snoek.

Kom ons hoop die nuus kom vinnig en oordonder ons sommer!! Groete, Seemeeu

Snoek in Hermanus

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles