Die Overberg Rots en Strandhengelklub het die afgelope naweek 'n hengelkompetisie aangebied. Dit was egter alles behalwe stywe lyne en die meeste hengelaars is met 'n mombakkies huis toe gestuur.
Slegs die ervare Oubaas Lesch het twee galjoene gevang en sy seun, Johan, het een aan wal gebring. Al ander hengelaar wat sukses behaal het was Mynard van Niekerk wat ook 'n galjoen gevang het. Dit het vroegoggend gemisreën maar die res van die dag was oopgetrek en windloos. Die Lesch pa en seun kombinasie het hul vis by die Plaat gevang.
Francois de Jongh