OK Foods Gansbaai In Lyn Vir Top Titel

OK Foods Gansbaai In Lyn Vir Top Titel

Gansbaai Courant

OK Foods Gansbaai is een van ‘n handjievol handelaars wat genomineer is vir hierdie jaar se uiters gesogte OKFD Franchisee Van Die Jaar-titel in die OK Foods kategorie. Hulle konstante harde werk, onbuigbare toewyding tot hulle klante asook die OK-vaandel, en bowenal hulle besigheidsvernuf en deursettingsvermoë te midde  van ‘n strawwe finansiële klimaat met vele bypassende uitdagings het gesorg dat hulle nou in lyn staan om met OK se top toekenning weg te stap. Met hierdie nominasie het OK Foods Gansbaai bewys presies hoekom daar altyd op hulle gereken kan word vir ‘n top kwaliteit inkopie-ervaring en sal volhou as voorbeeld van OK se uiters suksesvolle nuwe posisioneringsveldtog in die handelbedryf, wat geloods is in Oktober 2013: OK – eienaars op wie jy kan staatmaak!

OK Foods Gansbaai is ’n lid van die OK franchise-divisie, ’n afdeling van die Shoprite/Checkers-groep.

Chris en Petra van Rensburg, winkeleienaars, vertel hoekom hulle klante altyd kan staatmaak op uitmuntendheid wanneer hulle OK Foods Gansbaai besoek, “Ons is gereeld aan die uitkyk vir nuwe en interessante maniere om ons kliënte in te lig oor nuwe produkte, opwindende promosies, gebeure, kompetisies en spesiale aanbiedinge. Ons top prioriteit is en sal altyd wees om ons klante gelukkig te hou. Oor hoe dit voel om genomineer te word antwoord hulle “Ons is trots want ons werk baie hard om vir ons klante die beste inkopie-ervaring moontlik te bied.”

Winkels is oor die loop van ’n jaar beoordeel volgens ‘n baie streng lys vereistes wat verseker dat die beoordelingsproses omvattend en absoluut regverdig is. Die vereistes is as volg: ontwikkeling, algemene winkelstandaarde, klantediens, personeel-motivering, gemeenskapsbetrokkenheid, administratiewe uitmuntendheid en lojaliteit.

Die klem is dus nie bloot op verkope nie – die winkels wat die beste presteer in die beoordelingsproses is winkels wat waarlik ’n uitstekende begrip van uitnemendheid in die konteks van die kleinhandelsbedryf toon. Die wen-winkels moet kan bewys dat hulle ook ernstig is oor hul klante (diens en inkopie-ervaring), gemeenskap en winkelvoorkoms. OK Foods Gansbaai het in al dié kategorieë uitgeblink en bewys dat hulle toegewyd na elke aspek van hul besigheid omsien.

Chris, Petra en hul personeel kan hulself voorberei op moontlike verdere sukses omrede OK Foods Gansbaai nou in aanmerking kom vir die 2014 Franchisee Van Die Jaar-toekenning, wat later vanjaar tydens die OKFD se jaarlikse konferensie te Zanzibar aangekondig sal word.

OK Foods Gansbaai In Lyn Vir Top Titel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles