Stormweer vir Fotografieklub

Stormweer vir Fotografieklub

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms het pragtige foto’s, met die tema “Stormweer”, opgelewer. Elba Tredoux se foto by Gansbaai hawe is as die aand se wenfoto aangewys.

Die volgende beoordeling van foto’s sal op 18 Augustus plaasvind en die tema is “Oë/Eyes”. Tydens die vorige byeenkoms het die welbekende en bekwame Overbergse fotograaf, Wicus Leeuwner, as gasspreker opgetree.

“Wicus het vir ‘n puik en inspirerende aanbieding gesorg,” vertel Christo Wessels, voorsitter van die klub. “Dit het hoofsaaklik uit twee AV's (audio/video) vertonings bestaan, asook 'n hele aantal van sy fotos wat hy bespreek en in meer diepte behandel het.” Wicus het klem daarop gelê dat fotos nie net geneem moet word nie, maar dat die emosie en gevoel wat in die foto weerspieël word, belangriker is as al die tegniese aspekte van die foto. “Daar moet dus 'n betekenis agter elke foto wees.” Hy het pragtige AV's van veral die Overberg en Namibwoestyn se unieke natuurskoon gewys, waarna hy in detail op die neem van landskapfotos gefokus het.

Christo sê van die aspekte wat bespreek is, is onder andere: Lig en die effek van kleur op emosie; Lyne en kontoere om jou oog en fokus in die foto in te trek; Natuurlike sirkels wat volledigheid weerspieël en die aandag trek; Tekstuur vir gevoel; Perspektief wat diepte en selfs 'n derde dimensie aan 'n twee-dimensionele foto gee; Natuurlike driehoeke wat ‘n foto bind en stabiliteit gee; Landskapfotos wat in drie gelyke dele verdeel kan word; Die voorwerpe van ‘n foto moet gebalanseerdheid tot gevolg hê; Hoogte moet verkry word en fotos moet nie net op een hoogte geneem word nie. Christo het gereël dat Max Leipoldt van Hermanus as gasspreker vir die byeeenkoms op 4 Augustus sal optree.

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word. 

Hardus Botha

Stormweer vir Fotografieklub

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles