In Memoriam Helmie de Vries

In Memoriam Helmie de Vries

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Wilhelm Carl Linder de Vries, beter bekend as Helmie, is op Woensdag, 16 Julie 2014 op die ouderdom van 67 jaar en 8 maande oorlede. Sowat 2 jaar gelede het Helmie begin met gesondheidsprobleme, wat op 16 April vanjaar as kanker van die lewer gediagnoseer is, slegs 3 maande voor sy afsterwe.

Helmie is op 4 Desember 1946 in Stellenbosch gebore, 5 jaar nadat sy pa, Hugo de Vries in 1941 by Koelenhof Wynkelder naby Stellenbosch as Algemene Bestuurder begin werk het. Daar het Helmie ook grootgeword en spandeer 60 jaar van sy lewe op die wynplaas. Hy deurloop sy skoolopleiding te Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. Hy is onlangs versoek om behulpsaam te wees met die opspoor van oud-skoliere vir die skool se 150ste bestaansjaar. Helmie verwerf die graad B.Com aan die Universiteit van Stellenbosch, maar sy deeglike kennis van die wynbedryf het hy by sy pa geleer.

Op 11 Desember 1971, sowat 43 jaar gelede, lui die huweliksklokkies vir hom en Amanda te Parow. Die egpaar het drie seuns: Hugo (41), ‘n Tandarts in Parklands en getroud met Elzet, met 3 kinders; Andrew (39), Algemene Bestuurder: Koelenhof Wynkelder, getroud met Renata, met 3 kinders; Wilhelm de Vries (37), Rooiwynmaker: Koelenhof Wynkelder, getroud met Marisa met 1 kind.

Helmie het sedert 1969 vir sy pa gewerk en later as Algemene Bestuurder by hom oorgeneem. Op 12 Desember 2006 tree hy af, waar hy en Amanda na Franskraal verhuis, maar vir die daaropvolgende 2 jaar dien hy steeds as Direkteur van Koelenhof Wynkelder. “Helmie was ‘n diep gelowige mens wat altyd aktief in die gemeenskap betrokke was, met onvoorwaardelike tyd en liefde vir sy medemens,” sê Amanda. “Hy sal altyd onthou word vir sy vriendelikheid, sy liefde en respek vir sy medemens, maar veral ook as ‘n opregte vredemaker.” Koelenhof Wynkelder het vele gesogte toekennings in die wynbedryf onder Helmie se bestuur ontvang. ‘n Hoogtepunt was sekerlik toe hy op 6 Oktober 2012 deur Veritas as een van 2012 Veritas Legendes vereer is vir sy toegewydheid vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Helmie se betrokkenheid by die gemeenskap is deur aktiewe deelname gekenmerk: kerkraadslid, koorlid, voorsitter van Franskraal Belastingvereniging, die poletiek waar hy tydens ‘n vorige verkiesing as ‘n kandidaat vir die DA gestaan het, asook lid van Gansbaai Toerisme om enkele voorbeelde te noem. Tydens die jaarlikse gholfdag vir wynmakers te Gansbaai Gholfklub, was hy ook ‘n aktiewe deelnemer. Helmie het ‘n spesiale rolbaldag, die 2de Januarie van elke jaar, ter stywing van klubfondse gereël en aangebied. Die lede het besluit dat die 2de Januarie voortaan as die “Helmie de Vries Gedenkdag” bekend sal staan. ‘n Hoogtepunt vir Gansbaai en omgewing was Helmie se stigting van Gansbaai Wynproegilde in 2008, wat van krag tot krag gegroei het. ‘n Roudiens vir Helmie is op Woensdag, 23 Julie 2014 in die NG-Kerk deur dr Bobo van Zyl gehou, met ‘n tweede roudiens te Koelenhof Wynkelder op Vrydag, 25 Julie 2014 deur ds Johan Winterbach.

Hardus Botha

In Memoriam Helmie de Vries

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles