Meer en meer soos Jesus 7

Meer en meer soos Jesus 7

Gansbaai Courant

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”  (Mat 7:12)

Vir die afgelope 7 weke het ons saam stil gestaan by Jesus se bekende preek in Matteus 5-7, die welbekende Bergpredikasie. Jesus wil hierin ons almal leer hoe om Sy dissipels te wees – ja, om te leef soos wat GOD van ons, as Sy kinders verwag. Dit is tog sekerlik ook wat ek en jy wil doen, is dit nie? Om meer en meer soos Jesus te leef sodat, terwyl GOD al die eer kry, die mense waarmee ons elke dag te doen het, Jesus in ons leefwyse kan raaksien!

Dan tref Jesus sy gehoor met hierdie treffende vers wat regdeur die wêreld bekend staan as Die goue reël: “Doen aan ander wat jy ook aan jouself gedoen wil hê!” (Mat 7:12) Hou op om te dink jy leef net in jou eie klein wêreldjie. Alles wat jy doen, wat jy sê, wat jy dink,  moet ’n getuienis wees van wie jou koning is – Jesus jou HERE! Waar jy gaan moet jy aan ander doen wat jy graag in jou eie lewe gedoen wil hê.

Lees weer Matteus 7:12. “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.” (Of anders gestel: Dit is wat GOD van jou verwag!) As jy daarvan hou om met respek behandel te word moet jy altyd ander mense met respek behandel. As jy wil hê mense moet luister as jy praat, luister meer aandagtig na wat ander mense sê. As jy daarvan hou om ’n goeie bord kos te eet, moet jy so ver dit binne jou vermoë is sorg dat honger mense ook kos het om te eet. Jy kan nie elke aand warm in jou bed lê sonder om daaraan te dink dat soveel mense elke aand koud en honger gaan slaap nie. Wat vir jou geld moet ook vir ander mense geld. Dit is die pad van elke Christen – diens aan jou naaste.

Kom ons wees maar eerlik. Dit is nie maklik om ’n dissipel van Jesus te wees nie. Dit vra van ons ook ’n prys. Om agteroor te buig sodat jou naaste ook kan leef. Dalk ’n bietjie meer eenvoudig (minder uitspattig) leef en koop, sodat ander eenvoudig vir ’n slag kan leef. Vir Jesus gaan dit oor aksie. Iets DOEN wat reg is in GOD se oë sodat jou naaste GOD sal begin raaksien. (Mat. 5:16) As ons almal die goue reël doen, het jy al gedink wat mag gebeur? Sal GOD se koninkryk nie baie gouer kom nie! Sal elke knie nie buig voor GOD en elke tong bely dat Jesus die HERE is nie! Kom ons DOEN die goue reël!

Meer en meer soos Jesus 7

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles