Meer en meer soos Jesus 7

Meer en meer soos Jesus 7

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”  (Mat 7:12)

Vir die afgelope 7 weke het ons saam stil gestaan by Jesus se bekende preek in Matteus 5-7, die welbekende Bergpredikasie. Jesus wil hierin ons almal leer hoe om Sy dissipels te wees – ja, om te leef soos wat GOD van ons, as Sy kinders verwag. Dit is tog sekerlik ook wat ek en jy wil doen, is dit nie? Om meer en meer soos Jesus te leef sodat, terwyl GOD al die eer kry, die mense waarmee ons elke dag te doen het, Jesus in ons leefwyse kan raaksien!

Dan tref Jesus sy gehoor met hierdie treffende vers wat regdeur die wêreld bekend staan as Die goue reël: “Doen aan ander wat jy ook aan jouself gedoen wil hê!” (Mat 7:12) Hou op om te dink jy leef net in jou eie klein wêreldjie. Alles wat jy doen, wat jy sê, wat jy dink,  moet ’n getuienis wees van wie jou koning is – Jesus jou HERE! Waar jy gaan moet jy aan ander doen wat jy graag in jou eie lewe gedoen wil hê.

Lees weer Matteus 7:12. “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.” (Of anders gestel: Dit is wat GOD van jou verwag!) As jy daarvan hou om met respek behandel te word moet jy altyd ander mense met respek behandel. As jy wil hê mense moet luister as jy praat, luister meer aandagtig na wat ander mense sê. As jy daarvan hou om ’n goeie bord kos te eet, moet jy so ver dit binne jou vermoë is sorg dat honger mense ook kos het om te eet. Jy kan nie elke aand warm in jou bed lê sonder om daaraan te dink dat soveel mense elke aand koud en honger gaan slaap nie. Wat vir jou geld moet ook vir ander mense geld. Dit is die pad van elke Christen – diens aan jou naaste.

Kom ons wees maar eerlik. Dit is nie maklik om ’n dissipel van Jesus te wees nie. Dit vra van ons ook ’n prys. Om agteroor te buig sodat jou naaste ook kan leef. Dalk ’n bietjie meer eenvoudig (minder uitspattig) leef en koop, sodat ander eenvoudig vir ’n slag kan leef. Vir Jesus gaan dit oor aksie. Iets DOEN wat reg is in GOD se oë sodat jou naaste GOD sal begin raaksien. (Mat. 5:16) As ons almal die goue reël doen, het jy al gedink wat mag gebeur? Sal GOD se koninkryk nie baie gouer kom nie! Sal elke knie nie buig voor GOD en elke tong bely dat Jesus die HERE is nie! Kom ons DOEN die goue reël!

Meer en meer soos Jesus 7

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles