1. Maak voorsiening vir die versorging van jou troeteldier vir sy hele leeftyd
2. Kies jou troeteldier versigtig om by jou leefstyl en huis omstandighede in te pas
3. Ten minste een daaglikse positiewe interaksie met jou troeteldier
4. Verskaf voldoende skuiling en beskerming teen besering
5. Voer 'n voorbereide troeteldierkos wat voldoen aan jou troeteldier se voedingsbehoeftes en maak seker dat vars, skoon drinkwater altyd beskikbaar is
6. Neem jou troeteldier na 'n veearts vir 'n gesondheidsondersoek minstens een keer per jaar
7. Maak seker dat jou troeteldier lewenslank gereeld ingeënt word deur jou plaaslike veearts
8. Kies altyd 'n goedgekeurde middel vir die voorkoming van eksterne (vlooie en bosluise) en interne (wurms) parasiete en behandel jou troeteldier gereeld
9. Verantwoordelike telers registreer hul stoet troeteldiere met 'n erkende teelvereniging.
10. Alle manlike en vroulike troeteldiere moet gesteriliseer word indien hulle nie spesifiek vir teeldoeleindes aangehou word nie.