AfriForum le klag en wag op regsmening oor Afrikaans op SAUK TV

AfriForum le klag en wag op regsmening oor Afrikaans op SAUK TV

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“AfriForum sal die verskraling van die SAUK se TV-aanbod in Afrikaans op alle moontlike maniere teenstaan.”  Dit is die kommentaar van Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, na dit in die media bekend geraak het dat die Afrikaanse TV-nuusbulletins inderdaad van SABC2 na SABC3 (met ʼn baie kleiner opvangs) gaan verskuif. 

“Die dele waar SABC3 nie opgevang kan word nie, naamlik groot dele van die Noord-Kaap, Oos-Vrystaat, Oos- en Wes-Kaap, is oorwegend gebiede waar die meerderheid mense juis Afrikaans praat.  Dit is onaanvaarbaar dat die SAUK sy verpligting as openbare uitsaaier teenoor die Afrikaanssprekende publiek so versaak,” het Bailey bygevoeg.  “Afrikaanssprekendes se taalregte gee hulle aanspraak op diens en die skending daarvan kan nie geduld word nie.” 

Met die eerste gerugte oor die stap, het AfriForum die SAUK om meer inligting gevra, maar geen antwoord is nog ontvang nie.  “Ons is bewus van die feit dat klagtes toe teen die SAUK by die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (ICASA) gelê is.  In die lig van die meer breedvoerige aankondiging, sal AfriForum ook ʼn klag by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) lê.  Aan die hand van terugvoer van ICASA en PANSAT sal op verdere regsaksie besluit word. 

In ʼn aanverwante saak het AfriForum gemeld dat tans op ʼn regsmening gewag word rakende aksie teen die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.  Met die kontroversie wat oor sy kwalifikasies, bestuursgeskiedenis, aanstelling, houding jeens vroueregte en mediavryheid, asook skynbaar Afrikaans heers, is sy aanstelling onaanvaarbaar. 

“Dit lyk asof die SAUK toenemend dieper in omstredenheid en wanbestuur vasgedraai raak.  AfriForum verbind ons daartoe om op alle moontlike maniere te sorg vir die beskerming van taalregte, verantwoordelike korporatiewe bestuur en mediavryheid,” het Bailey bygevoeg. 

Alana Bailey

AfriForum le klag en wag op regsmening oor Afrikaans op SAUK TV

Alana Bailey

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles