Namibie Suidwes

Namibie Suidwes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit moes ‘n brawe man gewees het wat laas week dit op die see gewaag het. En het jy dit wel gedoen was daar nie veel te wen nie.

Die naweek gepraat met ‘n hengelaar wat twee keer ‘n jaar in Namibië (die ou Suidwes klink vir my steeds meer “reg”!) gaan hengel. Ek het dit voorheen gesê, en gaan dit weer doen  --   indien jy nie een keer in jou lewe daarheen is om te gaan hengel nie, sal jy altyd iets kortkom. Ek self was net een keer daar, gelukkig toe met my familie en sal altyd dankbaar bly dat ek daartoe in staat was.

Wat kan ‘n man nou oor die area sê wat nie welbekend is nie? Lees bietjie waaroor ek die naweek gesels het en kyk of jy nie ook lus voel vir lippe aflek nie. My vraag aan hom was of daar nog steeds baie vis is en of dit nog die moeite werd is. Sy antwoord aan my was om te verduidelik hoe dit die vorige keer gegaan het, en sê, hy, hulle plek is reeds bespreek vir later hierdie jaar. Elkeen in dié groepie het hulle eie taak om te verrig en syne is blykbaar om van die gereedskap en ander goed te verskuif en gereeed te hou  --  en te help vis skoonmaak. Soms gebeur dit dat hulle die een dag baie en massiewe kabeljoue vang. ( Hy skets hierdies wat met sleepsterte gedra moet word) Dié moet natuurlik die aand nog, skoongemaak word. Almal van ons wat lief is vir hengel weet ook dat dit nou nie van die aangenaamste take is nie. In elk geval het hulle reeds hul kwota kabeljou gevang en dus is die besluit dan om die volgende dag vroeg in te val maar om te konsentreer op galjoen. Daarvan sê hy het hulle ook baie gekry, maar snaaks genoeg, was hierdie vis oor die algemeen nie baie groot nie.

Sy mening is dat die heel grotes nie daar rond dwaal nie. Hieroor het ek ‘n ander opinie gehad, aangesien ek toe ek daardie tyd daar was, juis gespog het oor die baie bulle.

Ons het ook baie gepraat oor die verskeie vangplekke en maniere wat aangewend word. Wie weet nie dat galjoen baie maal vlak wei nie? Hy vertel my toe van hierdie een plek waar hulle glad nie ingooi nie maar net die lyn aan die stok se punt vasmaak en die lyn dan in die water laat sak. Só vlak is nuus vir my! Daar is mos baie hengelaars hier by ons wat tog die kans gebruik en selfs die wat gereeld hierdie kus besoek. So het die ou my ore aangesit?

Finansies is gewoonlik die groot problem en om twee keer ‘n jaar soontoe te gaan is nie vir almal beskore nie, probeer tog net vir hierdie één keer. Ai tog. 

Groete, Seemeeu

Namibie Suidwes

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles