Heldedaad red 2

Heldedaad red 2

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dramatiese tonele is Dinsdagmiddag by Franskraal afgespeel toe twee drenkelinge, Manie van den Berg (61) van De Kelders en Cameron Plaatjies (29) van Blompark, na sowat 2 uur in die water, gered is.

Die held van die dag was Rory Richards van Pinelands wat op 'n olieboorplatform werk en tans hier vakansie hou. "Ek het by Blousloep vanaf die rotse gehengel toe ek 'n klein 3m en 9 pkg buiteboortbootjie met twee mans aan boord sowat 300 meter vanaf die kant, opgemerk het. Die bootjie het skielik in 'n brander omgeslaan, onderstebo gedryf en die mans het daaraan vasgeklou." Deon Niemand, wat daar verbygery en  ook gesien wat gebeur het, het dadelik die munisipale nooddienste gebel. Richards het ook 'n noodnommer wat by die Blousloep se bootlanseerpunt vertoon word, gebel. 'n Haaibesigtigingsboot het probeer hulp verleen maar kon nie deur die plaat digte bamboes kom nie.  "Ek kon ook nie gaan help nie. Dit was sleg om dit als te sien terwyl ek niks kon doen nie. 

"Ek swem nie goed nie, het nie duikgoed nie en is ook al 60," het Niemand ontsteld op die toneel gesê.

Die drenkelinge was eers net nat maar nog veilig maar die tyd het later, nadat hulle sowat 1½ uur in die water was, vir hulle begin uitloop." Die boot het intussen tot gevaarlik naby aan rotsstaande rotse gedryf en Richards het besluit om na die naaste punt te ry. Daar het hy sy duikpak aangetrek en na die boot geswem. "Ek het vir hulle gesê om nie aan die land se kant van die boot vas te hou nie, want die rotse gaan hulle baie seermaak." Volgens hom was die ouer man reeds baie gedaan. "Ek het die brandstoftenk losgemaak en vir Plaatjies gegee om mee uit te dryf terwyl ek met  Van den Berg begin uitswem het. Hy het net aanhoudend gesê: 'Ek kan nie meer nie', waarop ek gesê het, hy het geen keuse nie," het Richards vertel. Toe hulle naby die kant kom, het omstanders 'n tou na hulle gegooi en gehelp om die drenkelinge veilig op die rotse te kry. Cassie Carstens van Overstrand Medical Response was op die toneel en het die twee mans vir hipotermie, skok en skrape behandel. Deon Langenhoven, Onderbevelvoerder van NSRI Hermanus en Jean le Roux het ook gehelp met die stabilisering van die twee mans. Hulle is later per ambulans na Hermanus geneem.

Francois de Jongh

Heldedaad red 2

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles