Kinders julle moet julle ouers respekteer

Kinders julle moet julle ouers respekteer

Gansbaai Courant

Ons het ’n probleem in ons land. Dieselfde probleem kom in baie ander lande voor. Hier is die probleem: Kinders het nie meer respek vir hulle ouers en vir onderwysers, ouer mense en vir gesag nie. Luister jy maar gerus hoe baie kinders met hulle ouers praat – om nie eers te praat van hoe hulle agteraf teenoor hulle maats van onderwysers, hulle ouers en ander mense praat nie! Ons noem dit ongedissiplineerde gedrag – of bloot ’n totale disrespek vir gesag. Die resultaat is kinders wat misdadigers word – al steel hulle nie, het hulle geen respek vir ander mense nie!

Waar lê die oorsaak van die probleem? Beslis nie net nie by die kinders nie. Die skuld moet voor die deur van ons as ouers gelê word. Waar ’n ouer toelaat dat sy kind sy sin in alles kry, of nie toesien dat die kind met streng dissipline grootword nie, gaan jy ’n kind kry wat vir niks of niemand respek het nie. O ja, by die skool, of voor ander mense mag hulle nog beskaafd optree, maar as hulle by die ouerhuis kom, is hulle onbeskof en ongehoorsaam – en die ouers moet hiervoor tot verantwoordelikheid geroep word. GOD se Woord is duidelik: ’n Vader moet sy kinders streng behandel. (Spr. 19:18) (Tugtig of straf sê van die Bybelvertalings). Streng behandel beteken dat jy hulle leer om volgens GOD se Woord te lewe – dat hulle sal weet wat die Bybel sê en daarvolgens lewe. Lees jou kinders nog hulle Bybel? Ken hulle die Woord? Dit is en bly ons as ouers se verantwoordelikheid om ons kinders met die Bybel groot te maak. “ Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees.” (Deut. 6:6-8)

Ons kinders is ons kosbaarste besittings. Daarom moet ons hulle ook opvoed soos wat GOD van ons verwag.  Die eerste ding wat ons in ons huise moet terugbring is die Bybel. Die tweede ding wat saam met die Bybel gaan is dissipline, of tugtiging. Verstaan nou mooi – tugtiging is altyd gevul met liefde. ’n Goeie pak slae op sy tyd is die beste geskenk wat ’n pa vir sy seun kan gee. Dissipline is liefde. Respek vir all mense is liefde. Gee jou kinders die beste liefde wat jy het: Leer hulle respek vir hulleself, vir hulle ouers en alle mense!

Kinders julle moet julle ouers respekteer

Ouers julle moet julle kinders met gesag grootmaak

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles