‘n Gesellige ontbyt is onlangs vir Silwerjare Dienssentrum gereël, met die bejaardes wat dit terdeë geniet het. Magrieta Adams, Bestuurder, sê die oggend het gesellig en baie aangenaam verloop en daar is heerlik saamgekuier en smaaklik geëet. Margi Muller se Masakhane Dansertjies, wat sommer al baie goed op die been gekom het, het vir heerlike vermaak gesorg, met die bejaardes wat lustig saam hande geklap het.
“Ons bedank graag vir Gansbaai OK Foods en Gansbaai U-Save vir hulle borgskappe, asook vir Margi Muller en haar Masakhane dansertjies,” sê Magrieta. “Dan ook baie dankie aan Manie van Dyk, Annatjie Liebenberg, Wally Hill, Maria Henneke, Pé Bele en Tiekiedraai vir borgskappe aan die bejaardes, asook ‘n spesiale dankie aan al die ondersteuners en individue wat ook bygedra het en waarsonder die ontbyt nie moontlik sou gewees het nie.” Foto’s is deur Stella Swart geneem.
Hardus Botha