‘n Vriendelike uitnodiging is gerig om die Gansbaai Sakekamer Lede-aand op 4 September by te woon en te kom saamkuier.
Na aanleiding van die toekenning wat Gansbaai Sakekamer ontvang het as “Sakekamer van die Jaar”, is daar ‘n lede-aand gereël waar die AHI President, Ben Deysel die sakemanne kom toespreek. Hierdie geleentheid vind op 4 September by die Great White House plaas. Ander sprekers die aand sluit Nicolette Botha Guthrie (Burgermeester Overstrand) en Alouise Lynch van Dyer Island Conservation Trust in. ‘n Drie-gang maaltyd met sjerrie en wyn is ingesluit, met kaartjies wat R110 vir lede en R150 vir nie-lede beloop.
Bespreek vroegtydig (aantal sitplekke is beperk) om nie dié gesellige aand mis te loop nie. Besprekings kan gedoen word by Doulene Els, 028-384-1439 en vir meer inligting kan René Beukes by 082-777-4814 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rene@gansbaaibusineschamber.co.za.
Hardus Botha