Gansbaai Academia het ‘n goeie hupstoot ten bate van hulle Matriekafskeidsfunksie ontvang. Die welwillende donateur is Gansbaai Lionsklub wat onlangs ‘n tjek ten bedrae van R1,000 aan die Adjunkhoof, Carien Fortuin oorhandig het.
Lionpresident Boats van Staden het die oorhandiging waargeneem. ‘n Verdere bedrag van R500 is ook ter stywing van Gansbaai Academia se Markdag deur hom oorhandig. “Ons waardering loop telkens hoog by borgskappe van hierdie aard en dit is met groot dankbaarheid dat hierdie fondse ontvang is,” het Carien gesê. Vanjaar is die tweede ruim bydrae wat deur Gansbaai Lionsklub ten bate van Gansbaai Academia se jaarlikse Matriekafskeidsfunksie gemaak word. Dan bedank die Gansbaai Lionsklub ook vir Bierman en Britz Oogkundiges in Gansbaai, met spesifieke verwysing na Lizette Britz vir twee gratis oogtoetse wat onlangs as deel van die klub se oog-projek uitgevoer is.
Hardus Botha