Suksesvolle Sterilisasiedag

Suksesvolle Sterilisasiedag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Sterilisasie Veldtog wat die week van 7 Julie gehou is, was ‘n groot sukses en altesaam 130 diere is gesteriliseer,” vertel Annalie Jonker van BARC. “Dit is die meeste sterilisasies wat nóg tydens so ‘n projek gedoen is.

Die operasies is in ‘n mobiele kliniek van ‘n Welsynsorganisasie van die Kaap gedoen. Annalie bedank graag vir Bea Coetzee, Liana Stevens, Christel Swart, Sonia Rowan en Lindi Coetzee. “Dan ook ‘n groot dankie aan Marié en Johan Botha van Uilenkraalmondoord vir hulle hulp en bystand, asook die bydrae van Overstrand Distriksmunisipaliteit ten bedrae van R1,000 vir die aankoop van brood en botter wat saam met die heerlike sop, geskenk deur Karen de Wet en Casper en Magda Niemand, aan wagtende eienaars uitgedeel is.” Sy sê Casper en Magda het ook heerlike kerrie-vetkoeke vir die Veearts en haar span gemaak. “’n Spesiale dankie ook aan Gansbaai Superspar wat 15 aandetes vir die veearts en haar span oor die 4 dae geborg het.” Annalie se grootste dank gaan aan die publiek van Gansbaai vir hulle donasies en ondersteuning aan BARC se winkel en finansiële bydraes. “Sonder hierdie bydraes sal BARC se finansies nie ‘n projek soos hierdie kon loods nie en hopelik sal daar weer so 'n sterilisasieveldtog vroeg volgende jaar gereël word, afhangende van beskikbare fondse.”

Die gemeenskap blyk onder die indruk te wees dat sterilisasieveldtogte gratis aangebied word, aangesien die sterilisasie van diere gratis is. Dit is egter nie die geval nie, aangesien BARC daarvoor betaal. Annalie sê daar gaan eersdaags weer lootjielyste in omloop wees en doen ‘n beroep op die gemeenskap om dit te ondersteun. Twee pryse, geborg deur Great White Shark Cage Diving van White Shark Diving Co sal op die spel wees.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie by 082-826-0631 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.

Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.

Hardus Botha

Suksesvolle Sterilisasiedag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles