Gholfnuus

BAIE GELUK AAN DIE VOLGENDE PERSONE MET HULLE VERJAARSDAE.

AUG 1  Rob Jerrard  en ST Muller

AUG  3  Bobby Brandt

AUG  6 Ms M Muller

AUG  7  Cobus Burger, Jan Le Roux, Andre Lourens en Wynand Bezuidenhout 

WOENSDAG SLOEGTERS 23 JULIE

Die weer het mooi saamgespeel en 'n paar goeie tellings opgelewer.

1. Bobby Brandt   39

2. Leon Hattingh   37

3. Solly Wessels   37

4. Daan Victor      35

5. Daniel van der Merwe   35

Daniel van der Merwe het ook bewys waarom hy 'n lae voorgee het, deur  twee spogtwees en ook die naaste aan die pen op 8/17 weg te raap. Daan Victor wen naaste aan die op 2/11 en Lambert Smith ook 'n spogtwee.

VRYDAG HOENDERKOMPETISIE

Nie plaasgevind nie a.g.v die weer. 

SATERDAG 26 AUG

Die kompetisie was 'n Bogey plus. NET 5 BRAWE MANNE HET DIE KOMPETISIE VOLTOOI. Die spelers wat vroeg opgegee het was seker beter daaraan toe wat kleredrag  aanbetref het maar die kanniedoders het vasgeskop en, alhoewel soos natgereende hoenders van die baan afgekom, die rondte voltooi.

1. Steve Muller     -1

2. Bev Swart         -3

3. Andre Roos     -5

4. Sextus Neethling -5

Naaste aan die pen op 2/11   Sextus Neethling. 

Onthou die steakaand mense en ook die R1000 wat gewen moet word. 

Jannie Brandt

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441                              Fax: 028 384 1225
E-mail:
gbgholf@gmail.com