NB-uitgewers in samewerking met die Letterkunde Onder-steuningskomitee het vroeër vanjaar ‘n LOK-kompetisie geloods. Hoërskoolleerders van gr.8 - 12 is uitgenooi om tien verskillende boeke te lees en ‘n resensie oor elkeen te skryf.
Drie leerders van Gansbaai Academia het ingeskryf en boekpryse losgeslaan. Die entoesiastiese dames (seuns is nie baie lief vir lees-en skryfwerk nie) het puik werke ingeskryf en is as volg:
Jenica Conradie (Gr.11) met “Katryn van die Richtersveld” – Jan Huisamen en “Is weer Sagie” van Jan van Tonder. Jesica Vermeulen (Gr.9) met “Die Besoeker” van Anchien Troskie en Justine Pieterse (Gr.8)” Pad na jou hart toe” van Francois Bloemhof.
Carla Gouws