Pret met Wintersport

Pret met Wintersport

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Herberg-aan-See se jaarlikse Wintersportdag deur Gansbaai se Goue Hande en onder leiding van Dalene van Dyk het weer eens vir ‘n opwindende dag vir die inwoners gesorg.

Die ontspanningsaal was in ‘n kring volgepak met opgewonde bejaardes wat nie kon wag dat alles begin nie. Die Sportdag is gesellig op die dansvloer geopen - met bykans almal wat meegedoen het, ingesluit die Bestuurspan en Gansbaai se Goue Hande.

Personeellede het vir ‘n skaterlag-lekker “losmaker” gesorg - ‘n piesang aan ‘n tou tussen die bene, waarmee ‘n bal in die rigting van ‘n hoelahoep gerol moes word…sonder die gebruik van hul hande. Daarna het die “sports” begin:

Vanaf Boontjie in die emmer gooi, Kegelgooi en Bal deur die pyp rol tot by die Piekniekmandjie (‘n interessante geheuespeletjie), Mimiekspeletjies en Simon sê….(waar bepaalde opdragte uitgevoer moes word). Die personeellede het nie teruggestaan nie en met twee pragtige en kleurvolle dansitems vorendag gekom, met Gansbaai se Goue Hande wat ook vir ‘n item gesorg het.

Hierdie jaarlikse binnenshuise Sportdag het ‘n gewilde instelling geword waarna die inwoners van Herberg-aan-See telkens met groot opwinding uitsien.

Hardus Botha

Pret met Wintersport

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles