Rolbalnuus

Rolbalnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Dinsdag 29 Julie het ons klub 'n baie suksesvolle interne driespel-kompetisie aangebied. By hierdie geleentheid het 12 spanne mekaar die stryd aangesê. Heerlike sonskynweer het bygedra tot 'n wonderlike rolbal ervaring. Alle wedstryde is in die gees van  ware sportmanskap afgehandel en opponente se goeie skote is deurentyd hartlik erken.

Elke span het drie wedstryde van 12 koppe elk gespeel en die wenners is by wyse van, wedstryde gewen en punteverskil aangewys. Strawwe mededinging was aan die orde van die dag en elke span was daarop uit om sy opponent met beter skote te troef. Dit alles het daartoe bygedra dat uitstekende, aanskoulike rolbal deur die loop van die dag gespeel is. Attie Louw van Gansbaai Petrol was ons borg van die dag en ons is baie dank aan hom verskuldig vir die pragtige bedrag wat hy aan ons klub beskikbaar gestel het.  Ons, soos die meeste van die sportklubs en ander instansies in Gansbaai, is afhanklik van ons plaaslike besighede en privaat individue vir borgskappe.

Sonder hul bydraes sal dit nie vir ons, as rolbalklub, moontlik wees om sulke geleenthede aan te bied nie. Nogmaals baie dankie Attie, jou bereidwilligheid om ons klub tydens hierdie geleentheid by te staan, word baie hoog op prys gestel. Die wenners van die dag was die span van Jan Fouché (skipper), Sonja Chambers en Chris Malec. Tweede was Betsie Schreuder (skipper), Victor Breach en Lerina Ferreira met in die derde plek Gideon Pienaar (skipper), Jane de Villiers en Roelof Eksteen. Baie geluk aan al die wenners. Gelukkige trekkings is ook gehou en daar was selfs 'n roosprys vir die span wat die hardste probeer het om te wen, maar slegs daarin kon slaag om die laaste posisie te beklee. Wel gedaan ook aan julle.

Die afgelope Donderdag het ons klub 'n oefensessie vir rolbalspelers aangebied.  Agt deelnemers van Hermanus,  sowel as vier van Franskraal het hierdie geleentheid bygewoon.  Al die spelers is aan strawwe oefeninge, wat bykans die hele dag in beslag geneem het, blootgestel.  Almal was dit eens dat die dag, ten spyte van moeë lywe en seer voete, die moeite geloon het en dat hulle baie baat daarby gevind het. Hiermee dan ook my hartlike dank aan Archie Chambers wat my bygestaan het met die uitlê van die bane asook Henk, Madeline, Stefanus, Melvyn en Jeff wat hul hele dag opgeoffer het om as tellinghouers op te tree. Julle is ware staatmakers.

Kontak my gerus by 082 920 2941 indien u daarin belang sou stel om deel te neem aan die wonderlike sport rolbal. 

Groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbalnuus

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles