Gansbaai Pistoolklub het verlede Saterdag besluit om vir ‘n gesellige braai na afloop van die skiet te reël. Kathy Hammond sê 11 lede het vir die geleentheid opgedaag en die samesyn sommer baie geniet. “Soos gewoonlik het ons eers geskiet om behoorlik in oefening te bly, waarna ons ontspanne en gesellig gebraai het,” sê sy.
Gansbaai Pistoolklub het al “harde baard” gekry sedert dit op 10 Februarie 1994, sowat 20 jaar gelede al gestig is. Dit het van krag tot krag gegroei, met voorsitter Alec Kitley steeds aan die roer van sake. Die klubgebou en skietbaan is langs die grondpad-verlenging van Rietstraat (regoor Gansbaai SAPD) en verby Gansbaai Lionsklub se klubgebou geleë. Belangstellendes in die op-en-wakker pistoolklub van Gansbaai kan inskrywingsvorms en relevante inligting by Gansbaai Toerisme gaan afhaal. Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare voorsitter is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is eweneens welkom.
Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.
Hardus Botha