Gansbaai Leeskring vier Dirk Opperman

Gansbaai Leeskring vier Dirk Opperman

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se Leeskring was Dinsdag, 5 Augustus die gaste van Dirk en Trienke Laurie by ‘n Opperman-voorleesdag . Trienke is die dogter van Dirk Opperman, die bekende en geliefde digter. Sy en haar man, Dirk, woon tans op Franskraal in die Oppermanhuis, Bieblebom in Sea View Rylaan, Franskraal.

Dirk Opperman is honderd jaar gelede op 29 September 1914 gebore en die geleentheid was om sy lewe en werk te vier.

Dirk het ‘n puik en presiese program beplan en Trienke en Annemarie, voorsitter van die Leeskring, het ‘n heerlike maaltyd voorberei.  Dit was ‘n stadige kuier met wyn en woord in die huis waar die groot skrywer gewoon en gewerk het.  ‘n Keur uit Opperman se werk is om die beurt deur die gaste voorgelees.  Na elke voorlesing het Dirk of Trienke baie interessante kommentaar gelewer en ook vrae beantwoord. Negester en Stedelig is deur haar pa geskryf terwyl haar ma haar verwag het. ‘n Wonderlike erfenis vir enige kind.

Draaikewers, verwerk vir twee sprekers, is op ‘n gevoelvolle wyse  deur Dirk en Trienke voorgedra en het spontane applous ontvang.

Terwyl die son deur die wolke breek en Kluitjiesbaai se branders  oor die riwwe breek, onthou ons dié dag, meer as vyftig jaar gelede, toe Mike Germishuys en Thys Pieterse se skuitjie daar deur ‘n blinde brander  omgekeer is.  Heel gepas was die impromptu dramatisering van Opperman se gedig, Kantelkompas, oor die tragiese gebeure.  Thys Pieterse figureer in die gedig as Doors Dubbeldop.

‘n Behaaglike dag, met Raka se wyne en afgerond met Vea se roly-polypoeding, het almal saamgestem.  ‘n Veer in die hoed vir die organiseerders en ‘n heildronk op Opperman.  So ‘n formidabele skrywer se werk  kan jaarliks gevier word.

Die bosviool op Franskraal was stil, maar ons glo dat dit in die Hiernamaals gejubel het.

Lees Thys se storie, Evergreen hiernaas.

Gansbaai Leeskring vier Dirk Opperman

SD Fourie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles