Bobaas Potjiekos

Bobaas Potjiekos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub se onlangse maandeindfunksie is weer eens terdeë geniet - potjiekos in ‘n yslike No 20 driepoot-pot. Die bedrywige klublid, al roerende en loerende om seker te maak sake verloop goed, was Kobus du Toit van Vleispaleis. Die gewillige hande wat die skil- en voorbereidingswerk die vorige aand al gedoen het, is Philip en Lorainne Fourie, Johan en Suzette Wiese en Annette Burmeister. Hulle het ook vir die opskeppery gesorg.

Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop was die dag se kompetisieborg (R500). Die gelukkige wenners van ‘n bottel goeie wyn was Marie Reid (ook die borg vir die aand) en At Roux, met Ronél Downing wat die kaartjienommers getrek het en Johan Wiese wat dit altyd organiseer. Raymond Rabe het soos gebruiklik gesorg vir voete-jeuk dansmusiek tot laataand toe. Die pragtige en volledig-toegeruste klubsaal, met kroegfasiliteite, is teen billike tariewe beskikbaar en Ralph Gibbs kan vir besprekings by 083-561-6917 gekontak word.

Die klub se volgende boothengelkompetisie saam met Overberg Boothengelklub is vir 27 September 2014 geskeduleer, maar die maandfunksie sal oudergewoonte op die eerste Saterdag van die maand plaasvind - 6 September 2014. Genoemde funksie sal in die vorm van ‘n Spesiale Lentedans geskied, met die versoek dat maskers gedra sal word.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Funksie-besprekings kan by Johan Wiese by 084-680-1269 gedoen word.

Hardus Botha

Bobaas Potjiekos

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles