Van Klagter tot Wagter

Van Klagter tot Wagter

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, HERE, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?” (Hab. 1:2)

Hoor jy hoe kla hierdie profeet van GOD? Klink dit nie vir jou bekend nie? Dit is asof hy nou hier in Suid-Afrika woon en sien wat rondom ons gebeur. In sy tyd was daar  ’n korrupte koning,  sy naam was  Jojakim  (nie Jakob  Zuma nie!) Boosheid, misdaad en korrupsie het orals geseëvier terwyl respek vir die wet van die HERE heeltemal verdwyn het. Habakuk is moedeloos oor alles wat gebeur.  Sy wiele is pap. Alles loop verkeerd. Lees Habakuk 1 en jy sal hoor hoe hy kla – ek noem hom sommer ’n “Klagter.”    “Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.” (Hab. 1:3) Net soos ons weet Habakuk nie wat om te doen nie. Tog moet ons mooi kyk wat hy volgende doen.

Hy rig vir hom ’n uitkyktoring op en begin wag op die HERE. Habakuk verskuif vanaf klagter tot wagter. Hy begin wag om te hoor en te sien wat GOD sê en doen. En GOD wat getrou is,  antwoord hom.  Meer as dit,  Hy maak aan Sy profeet bekend hoe groot Hy as GOD is – die Heerser van die aarde en alles daarop!  In een oogwink verander alles. Terwyl Habakuk 1 net oor die profeet se ongelukkigheid en vrese handel, skuif alles nou in hoofstuk 3 na GOD se grootheid en almag.

GOD antwoord nie sy profeet met rasionele antwoorde oor hoekom die lewe so onregverdig is en hoekom dit lyk asof Hyself soms afwesig is nie. GOD laat Homself vind deur elke soekende, wagtende mens.  Habakuk se klagtes bots kop aan kop met die lewende GOD.  Dan kom sy rustelose hart tot rus. Habakuk beleef die Here se almag wat die waters laat bruis en die berge laat skud en beef... en wat al sy vrae stilmaak.

Om te wag lei tot krag. Die regte wag lei altyd tot ’n nuwe ontdekking van GOD se hart. En tot rus in Hom. O ja, ook tot ’n nuwe loflied te midde van chaos, soos wat Habakuk dit in 3:17-18 uitjubel. “Al sou die wingerde nie vrug oplewer nie en al sou die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel en juig in God my Redder.”

So werk geloofsgroei. Klagters word Wagters op die HERE. ’n Nuwe belewenis van die lewende GOD word ervaar. Aan die HERE se voete kom moeë mense tot rus. Wanneer ons ons laste aan sy voete neersit, word daardie woede in ons algaande vervang met kalmte. Frustrasie maak plek vir tevredenheid... en bitterheid vir vrede. Dit gaan oor meer as wag.  Dit gaan oor wag in die HERE. Ons in Suid-Afrika wag nie op dinge nie, ons wag op die lewende GOD! Hy alleen regeer alles ten goede!

Van Klagter tot Wagter

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles