Opgewonde kleuters van De Kleine Gansies Kleuterskool het ‘n opwindende besoek deur Gansbaai Biblioteek ontvang. Op Donderdag, 31 Julie 2014 het Edna van der Linde van Gansbaai Biblioteek ‘n welwillendheidsbesoek aan die kleuterskool gebring. Sy het ‘n storie aan hulle voorgelees, wat aandagtig deur hulle gevolg is. Hulle het die storie oor Flossie die Flamink terdeë geniet.
Daarna het Edna die dienste wat deur die biblioteek gelewer word, op kleutervlak aan hulle verduidelik, met kleuters wat groot-oog gesit en luister het. Kleuters kan natuurlik nooit sonder ‘n lekkerny of geskenkie besoek word nie: elke kind het dus ‘n welkome geskenkpakkie ontvang. Hulle was baie opgewonde oor die borspeldjies, inkleurprente en plakkers wat hulle ontvang het. “Verskeie ouers het ons bedank vir hierdie besoek aan hul kinders se kleuterskooltjie, wat ‘n groot sukses was,” vertel Edna. “Ons be-oog om van die ander kleuterskole in die area binne die volgende paar maande ook te besoek.”
Gansbaai Biblioteek se vriendelike en behulpsame personeel bestaan uit Sharman Geldenhuys (Bibliotekaris), Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase.
Hulle gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.
Gansies word deur Bib besoek
14 August 2014Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students
The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...
How Much of Yourself Have You Left Behind?
One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.
Stanford Youth Complete Employability Training
These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream
One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see.
A Creative Photography and Writing Challenge
Take a photograph of something that catches your attention.
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...











