“Gedurende die wintermaande is daar soveel kinders wat nie die voorreg het om snoesig en warm aan te trek wanneer hulle skool toe gaan nie,” vertel Shareen Petersen van Overnerg Distriksmunisipaliteit.
“Hierdie kinders het die harte van die personeel van Die Dam en Uilenkraalsmond aangeraak.” Sy verwys na die voorbeeld wat Nelson Mandela gestel het, asook met die stigting van die Nelson Mandela Kinder Trust, en sê dat hulle besluit het om warm mussies en serpies aan 67 leerders van twee van Gansbaai se laerskole te skenk as hulle bydrae tot Mandeladag. Hulle beplan ook toekomstige optrede van hierdie aard, sodra meer fondse beskikbaar is. Sy sê die personeel in Bredasdorp het ‘n groot taak verrig met die knip en aanmekaarwerk van die mussies en serpies.
“The 22 beanies are fondly called the Madiba beanies,” sê Shareen. “The donation this year is going to Masakhane and Gansbaai Primary Schools in Gansbaai. To everyone’s surprise, the generous donations of the staff, family, friends and a few of Uilenkraalsmond semi-permanent lessees, enabled us to donate 60 beanies to Gansbaai Primary school and 90 scarves to Masakhane Primary school.
Thank you, Tata Madiba, for showing us the way. We can only try to follow in you footsteps.”
Hardus Botha