Die 3de kwartaal was baie bedrywig met drie Eisteddfods wat alreeds plaasgevind het. Twee daarvan is in Hermanus aangebied en die ander onder ons eie dak.
Ons leerders het by elkeen van hierdie aanbiedings uitstekend gevaar en ons bedank al die ouers en onderwysers vir hul uitstekende afrigting. Dankie ook aan al die ouers wat gehelp het met vervoer van leerders na en van Hermanus asook hul ondersteuning by elke Eisteddfod. Baie dankie ook aan dié ouers wat gehelp het met hul dienste as beoordelaars, skrywers en deurwagte vir die aanbieding van die Engelse Eisteddfod hier by ons.
‘n Spesiale woord van dank aan ons onderwysers, me Heidi Chivell en me Vickie Cilliers vir die bestuur van die bussie na Hermanus, asook Annette Wessels vir haar reëlings as Sameroeper vir die Eisteddfod hier by ons skool.
Baie geluk aan die volgende leerders met hul sertifikate verwerf – ons is sommer baie trots op julle!